Agt beseer in KZN-ongelukke

Argieffoto

Argieffoto

Agt mense is beseer in twee afsonderlike ongelukke in Malvern naby Durban, KwaZulu-Natal.

Garrith Jamieson, woordvoerder van die Rescue Care, het gesê vyf mense is beseer nadat twee motors omstreeks 18:30 Woensdagaand in Ridley Parkweg gebots het. Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na verskeie hospitale in Durban vervoer is vir verdere mediese sorg.

Drie mense is beseer nadat twee motors omstreeks 20:00 op die hoek van Stellastraat en Valley Viewweg gebots het. Die beseerdes is ook op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale vervoer is.

Die oorsaak van die ongelukke word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.