Agt beseer in skietery by huis in Kaapstad

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Agt mense is Sondagaand beseer toe ʼn skietery by ʼn huis in Lavender Hill in Kaapstad uitgebreek het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die huis in Chapelweg ontbied waar hulle agt mense aangetref het wat almal skietwonde gehad het.

“Die meeste van hulle was nie ernstig beseer nie en het skietwonde in hul ledemate gehad,” het Meiring gesê. “Almal is op die toneel gestabiliseer voordat hulle deur die provinsiale ambulansdiens na verskeie hospitale geneem is.”

Meiring het gesê dit is nie duidelik wie die mense geskiet het of waarom dit gebeur het nie. Die polisie was wel op die toneel om die saak te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ludwig ·

En net voor die naweek is gesê die polisie het bendes op die Kaapse Vlakte ‘n knou toegedien toe één .3.03-geweer gekonfiskeer is! Wat ‘n grap! Daar is waarskynlik armsvol wapens en ammunisie in die bendelede se hande, en ek is oortuig daarvan dit is ‘n uitvloeisel van die ghawwemint se huidige vuurwapenwetgewing. Ek wag nou al nege maande vir ‘n nuwe lisensie na die aansoek om hernuwing. Ek weet van ander mense wat al langer as vyf jaar wag nadat hulle aansoek gedoen het om hernuwing. Maar sulke ou glipsies pla nie die bendes nie. hulle kry wapens in die hande soos wat ons ander maalvleis by die slaghuis in die hande kry!

Drieks ·

Vir my is dit baie duidelik wie hierdie mense gewond het. Die ANC…hul het die deur oop gemaak vir alle misdaad.

elize naude ·

lyk my in sa heers toestande soos in usa! almal loop met skietgoed rond en dink hy/sy is self regter oor lewe en dood!

MartinLJ ·

Elize, Jy kan nooit Suid Afrika en VSA vergelyk nie. Misdaad is aan die afneem in VSA en die land onder BAIE beter beheer as hierdie sirkus.

Roy ·

Ek het eerder ‘n “gelisensieerde” wapen as wat ek “wens” ek het een by my gehad. Meeste van hierdie siek mense het ongelisensieerde wapens. Ek wens net een van die beseerdes het ‘n “gelisensieerde” wapen gehad en kon die situasie tot einde bring!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.