Agt beseer na muur omval

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Agt mans is Saterdag beseer nadat ʼn muur meegegee en op hulle geval het in Randburg.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die voorval het in Kowiestraat in Boskruin plaasgevind.

Volgens Steinmann het ses mans ernstige beserings opgedoen terwyl die ander twee matige beserings opgedoen het. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Die mans was vermoedelik almal konstruksiewerkers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Asjas ·

Ek kan baie geld maak as ek elke keer vir “hulle” moet se wat die “oorsaak van die ongeluk” was :-) …

Wim ·

Die ” mans” het seker nie toesig gehad nie en sommige “mans” kan mos nie bou nie, net breek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.