Agt betogers vas ná chaos in Brackenfell

Die polisie verjaag betogers naby die Hoërskool Brackenfell met ‘n waterkanon. (Foto: Rob Hutchinson/Twitter)

Agt betogers is in hegtenis geneem nadat honderde lede van die EFF Vrydag weer na die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad opgeruk het om teen beweerde rassisme te betoog.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê ’n lid van die publiek is ook in hegtenis geneem op aanklag van aanhitsing. Die betrokke persoon is beseer toe hy die betoging probeer ontwrig het.

Skade is vroeër vandag aan polisievoertuie, private voertuie en ondernemings se vensters aangerig. Wetstoepassingsowerhede en ondernemings is ook met klippe bestook.

Van Wyk sê die aangekeerde betogers sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van openbare geweld.

“Die skare is sedertdien uitmekaar en die situasie in die omgewing word gemonitor. Ons magte sal in die gebied bly totdat ons tevrede is dat die situasie gestabiliseer het.”

Die polisie het vanoggend ʼn waterkanon en skokgranate ingespan om die groot skare weg van die skool te keer.

ʼn Herrie het losgebars ná ʼn private funksie van matriekleerders by die skool wat net deur wit leerders bygewoon is.

Die skool het intussen die versekering gegee dat hy kwessies rakende inklusiwiteit daadwerklik pak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Persheks Adri ·

Net openbare geweld? Nee man maak oop julle oë. Hierdie minions kom weg met alles, maar laat dit nou 1 van ons was. Hoop hulle het iets geleer vandag. Hulle brand en breek mos net. Ek hoop nie die skool gaan in gee na al die stories nie, want dan is dit net so goed soos Clicks se episodes pffft!

Jr ·

Miskien kan hulle onderhandel met Brackenfell Hoër en 10 000 wax crayons kry elke maand vir vyf jaar. Hulle kan inkleur as hulle verveeld is tensy om marakis te veroorsaak

Persheks Adri ·

Daai kan werk dan bly hulle bietjie besig Jeff! Ek hoop regtig nie die skool gaan in gee nie

Friedrich ·

Jy het duidelik nie gesien wat gebeur het toe die rooi berets blou geverf is nie. Go DA

Keelvol ·

Die DA het n paar jaar terug hulle monde vol gehad oor die Sweizer- Reineke onderwyseres wat heeltemal onskuldig was. Toe die waarheid uitkom het hulle haar geen omverskoning gevra nie. Die DA het keer op keer gewys dat hulle nie die party vir die blankes is nie. Your vote is waisted.

Sandra ·

Hoekom dink jy is die aandag op die Westelike Provinsie so fel? Omdat dit die enigste provinsie is wat nie onder ANC beheer is nie. So moenie die DA afskryf nie.

Keelvol ·

Dis die party waarmee die da n koalisie gevorm het vir Johannesburg en Pretoria metroraad? Nee dankie, die da is ruggraatloos.

Werner ·

Jy het duidelik nie gesien wat gebeur toe hulle die dorp binnevaar nieFriedrich.Jy is100%reg Johan

Jannie van Niekerk ·

Die Rooi Brigade gaan WEEREENS ABSOLUUT niks oorkom nie, hulle is mos EFF lede….

Andréas ·

Baie dankie aan die Wes-Kaap regering (DA) vir die toestemming verleen dat breë rassisme voor ‘n spogskool mag voortgaan deur mense wat niks met hierdie area te doen het nie. Ook ‘n spesiale woord van dank aan die huidige nasionale regering se polisiediens om verder toe te laat dat 500 en later 2000 betogers beskerm word ten einde voor die hand liggende geweld te pleeg en skade aan te rig. Dis dié voorbeeld wat ons daardie warm en tevrede sekerheid bied. Mooi man…!

Keelvol ·

Die SAPD kan nie die hof se beslissing omseil nie. Die hof het hulle toestemming gegee. Die feit dat die Eff nie tot 100 kan tel nie, is ook nie die SAPD se skuld nie.

Andréas ·

Beriggewing het aangedui die SAPD het toegestem tot 500 ná net 100 “goedgekeur” was…

Annette ·

Die regter wat toestemming verleen het, moet saam met die EFF aanspreeklik gehou word vir die gemors.

Strandloper ·

Mmmm dalk saam hul kindertuin toe gaan…gin volwasene tree so op

Lee ·

Die EFF RAMPOKKERS kom keer op keer weg met hulle optogte, plundery en saakbeskadiging. Dit is tyd dat die regering ‘n stokkie daarvoor steek. Die Media moet ook leer om die EFF te ignoreer en gratis publisiteit aan hulle op ‘n skinkbord aan te bied

PH ·

Stem saam, maar ongelukkig is dit ook so dat die sosiale media (FB, ens) waarskynlik baie, baie meer inligting aan die publiek verskaf (en dus publisiteit) as die media.

twaalfboor ·

“Inklusiwiteit”? Wat van sec. 217 van die grondwet? “Reg tot assosiasie”. Die skool moet nou nie belaglik raak nie.

Nico ·

Weereens kom die rooi brigade weg, die ANC regering en Bheki Cele is absoluut te bang om hierdie mense aan te vat, nou moet die witman wat net ‘n vraag gevra het aan gekla vir opstokery. Die mense sal die witman nie onderkry nie, ons aanbid God die Skepper wat groter en magtiger is as hierdie rooi brigade hulle is soos ‘n stoffie in God se oë.

Piet ·

Ja, die polisie was “baie effektief” soos jy op ‘n ander draad beweer het.

Derek ·

Nou wonder mens net of die regter se besluit n wyse besluit was na al die skade en verkwisting van belasting betalers se geld, terwyl die nuus berig het dat die “petisie” toe nooit afgelewer was? Was dit net weereens n verskoning om wetteloos te raak soos ons SA ken sedert die ANC se oorname en selfs voor hul oorname, die onskuldige bloed wat gevloei het deur n klomp lafaards wie te bang was om die ou SA weermag aan te vat en vandag in die parlement sit?

Elmarie ·

Ek verwys na derde paragraaf – is dit die waarvoor EFF laas in die Senekal tekere gegaan het nie? Omdat ‘n wit persoon glo’ n polisievoertuig aan die brand gesteek het. Nou waar is hul om hul eie mense te takel wat dit doen?

Okmardom ·

Regter Desai. Was voorheen op kortlys vir Openbare beskermer as ek reg is.

Casper ·

Toestemming is verleen vir 100 EFF ondersteuners om vreedsaam te betoog en toe daag daar baie meer op.Hulle het voertuie beskadig en eiendom.Wie is so blind om nie deur hulle planne te kan sien nie.Hulle betoog nooit vreedsaam nie en veroorsaak altyd chaos.Howe moet weir om hulle,hulle sin te gee.Hoekom is Julius nooit te sien by hulle protesoptogte nie.

Andre ·

Voor 1994 het die vorige regering geen visie gehad hoe om die dreigende vraagstuk oor rassekwessies te hanteer nie. Sedert 1994 het die huidige regering ook geen visie nie met die gevolg dat ons vandag sit waar ons is – ‘n gebroke land
Ek stem saam met die EFF dat mooi woordjies soos reënboog nasie; vereenig moet ons staan net ‘n mite is; net soos hulle belofte van elkeen moet ‘n werk en huis hê. Die land met sy oorbevolking het net nie die kapasiteit nie. Dan sit jy met die EFF wat sy sukses baseer op werkloosheid en armoede want dit is die mense wat opgesteek kan word want diegene wat ‘n werk en huis het moet hulle koppe laat lees sou hulle die EFF ondersteun
Daarom is dit vir nageslagte nog nooit so belangerik gewees nie dat die visie vir selfbeskikking nou in werking tree. Daar is opsies en ja; daar sal ontwrigting wees wat 100 keer beter sal wees as om die as van ‘n verbrande land op te tel en weer voor te begin

Snowball ·

Was hulle dan nie die ‘Defenders of Democracy’ in Senekal nie? Na aanleiding van die polisievoertuig wat beskadig was, het die CIC opgeruk na Senekal om staatseiendom te gaan beskerm, nou beskadig SY EFF’ers polisievoertuie. Word die agt ook aangekla vir terrorisme en poging tot moord? Die klug duur voort..

Persheks Adri ·

Stem saam met jou! Hulle word net aan gekla van openbare geweld pffft

Stefaan ·

Ek verneem dat die man ( Neels van Aswegen) wat deur die e f ff aangerand is in hegtenis geneem is op klag van “inciting Violence” en dat hy met sy voertuig tussen hulle sou in gejaag het. Daar is ooggetuies wat berig gelewer het. Kyk Willem Petzer se kanaal op Youtube

Hennie ·

Tyd dat die Economic Fleeing Floaters betasl vir die skade!

Blomme ·

Gaan die EFF nou oor alles waarby hulle nie ingesluit is ń bohai maak. Wanneer gaan hulle van die minderwaardigheidskompleks ontslae raak.

Lee ·

Skade aan polisie voertuie………….wonder wat Malema daarvan te se het?
Hierdie mense is roekeloos, kriminele en behoort onwettig verklaar te word saam met hulle “leier” Malema.
“Give them rope” hulle is besig om hulself op te hang.
Malema is belaglik en n skande vir SA – hierdie volgers van hom word omgekoop want dit is so maklik om te doen met sulke mense, Malema maak staat daarop- want hy laat hulle “powerfull” voel, terwyl hulle eintlik net n grap en skande is, en op die einde van die dag almal in die tronk gaan sit.
Hy behoort hiervoor ook aangekla te word, hierdie mense se lewens wat hom so blind volg word opgemors deur Malema vir sy eie gewin. Mense regte behoort hier in te tree.
Dit is presies soos n “cult”
En dan is hy skat ryk ook nog………..dit kan nie so aangaan nie.

jzjz05 ·

Stem met jou saam,maar nie met “Mense regte behoort in te tree”nie.Hulle val eerder die wites aan.daar is n paar bladsye vol met bewyse vir die stelling.

Lee ·

Duidelik kon die polisie toe nou nie die EFF beheer nie.
Ons is nie verbaas nie

Werner ·

Hulle was net so reg vir die eff as wat die regering vir covid was

JohanR ·

Lee-was jy daar. Ek was daar by die skool se ingang, en die wetstoepassers was vir die EFF gereed. Hulle het nie naby die skool gekom nie, maar met 400-500 kan jy nie elke liewe gaatjie toestop nie!

Alex ·

Die EFF het geen politieke agenda nie. Hull het gekom in die parlement en weet nou is hulle onaanraakbaar, solank hulle die rooi draai. Dis hulle agenda om verwoesting te saai van parlement se kant af en om haat aan te dryf. Dis hoekom hulle met alles weg kom en JY as publiek aangekla word vir geweld minder as dit en groot hofsaak ontketel daaruit. JY moet sielkundige waarneming onder gaan. Hulle hoef nie. Die EFF sê ek lankal is n spul 2 jariges wat tantrim gooi en grootmense kyk toe hoe daar nie opgetree word om dit te bekamp nie. Niemand (gereg) gee hierdie 2 jariges n goeie pakslae nie. Waar is die IEC om hulle volgende stem dag uitgooi oor hulle aanhitsing tot geweld en haat??????????? Iemand dapper genoeg om dit te antwoord????

Herpiet ·

Presies.
eff word deur die anc beskerm. Solank as wat dit Swart teen Wit is sal hulle immuniteit teen vervolging he. Durf net nie anders om wees soos by Senekal nie dan word Wit dalelik vervolg.

Alta Alleman ·

Ek wil net weet waarom die rassistiese EFF nog as ‘n party mag voortploeter, want BLF is presies dieselfde en hulle was geblok. Waarom doen Afriforum nie ook iets hieraan nie.?

Dirk Mostert ·

Die persoon wat die betoging wou ontwrig is in hegtenis geneem, maar die polisie tree nie op teen betogers wat skade aanrig nie. Die regter wat geweier het om ‘n hofbevel teen die betoging toe te staan, omdat die EFF belowe het om ordelik te betoog, behoort aanspreeklik te wees vir skade.

jzjz05 ·

Waar is die MRK as dit andersom was het hulle al eergister besluit dat die saak moet ondersoek word, Wil weer vrae dat die MRK en die President vir ons op swart en wit uitspel wat is die wittes se regte is,en wat is die ander se regte is,verseker daar moet n verskil wees ons sien dit elkedag. as hulle nou al wil voorskryf wat jy privaat mag doen wil ons weet van dit .

Michael ·

Wat is die doel van die blou water wat hul gespiut het plaas dat hul stink bom water gebruik dan sal op hou met hul gemors.

Piet ·

Niemand in hegtenis geneem vir saakbeskadiging nie? Ek sien darem dat Stad Kaapstad ‘n skadebepaling gaan maak en ‘n siviele eis gaan indien vir beskadidging aan infrastruktuur.

Jr ·

Jou eerste paragraf slaat hierdie EFF se doel in flaardes. Elke media huis gebruik die ” BEWEERDE RASSISMA. Na 2 weke is daar nog geen wie , wat , hoe , wanneer. Geen feite , rapporte – NIKS. Hierdie gaan oor die anc en eff kan nie jobs , services , behuising en al die ander ” BELOFTES “. So wat doen hulle ? . Hulle gebruik wit mense en rassisme om hulle votes terug te lok. DIT IS hoekom Syrypy Cyril so stil is. Hy laat j ulius mal emma dit vir hom doen. As die anc teen hom optree verloor hulle duisende stemme. Onthou laaste verkiesing was anc net 52% met miljoene wat NIE gestem het nie. So eintlik was hulle nog verder af. Hitler het hierdie taktiek gebruik. Hulle WITTES was JODE. WAKE UP PEOPLE

Michael ·

Dit is ‘n skreiende skande en absoluut belaglik dat hierdie man gearresteer was in Brackenfell wat met die EFF wou praat en dat hy nou aangehou word op grond van aanhitsing tot geweld! Ek was ‘n polisieman vir 20 jaar, en ek kannie glo dat ek hierdie tipe van dinge sien gebeur nie! Dit is waarlik kommerwekkend! Ingevolge Artikel 18 (2) van die Wet op Oproerige Byeenkomste (Wet 17 van 1956); is die aanhitsing tot geweld: ‘die aanhitsing, aanbeveling, in werking stel of aanskaffing van enige ander persoon om ‘n misdryf te pleeg.’ Dit is duidelik dat hierdie man se optrede nie aan hierdie definisie voldoen nie! (My opinie). Dit was glad nie sy bedoeling nie en hy het duidelik nie die opset gehad om dit te doen nie! Dit was wel nie baie wys van hom om tussen hulle in te loop nie, maar wat van reg en geregtigheid? Wat van die EFF lede wat die man aangerand en mekaar aangehits het om geweldadig teen hom op te tree? Waarom het die polisie hulle nie gearresteer en aangekla nie? Voldoen hulle o

Riana ·

So nou…. gaan hulle hierdie EFF ‘ers ook aanvat ook skamde aan polisie voertuie….. double standards….?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.