Agt dood, 12 beseer toe hulle seekoei opkap

Argieffoto

Argieffoto

Agt mense is dood en 12 mense is beseer nadat ʼn bakkie Saterdagaand in hulle ingeploeg het op die Ou Constantiapad in Tzaneen, Limpopo terwyl hulle besig was om ʼn seekoei op te kap.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê agt mense is op die toneel dood verklaar. Hy sê twaalf mense het matige tot kritieke beserings opgedoen.

Meiring sê die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir dringende mediese sorg.

Hy sê volgens ooggetuies was die groep mense besig om ʼn seekoei op te kap toe die bakkie in hulle ingeploeg het.

Die seekoei is glo vroeër deur ʼn vragmotor doodgery. Meiring sê die vragmotor was nie meer op die toneel met paramedici se aankoms nie.

Meiring sê volgens plaaslike paramedici is dit nie ongewoon dat diere deur groot voertuie op die pad doodgery word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Grassie ·

‘n Mens is steeds geskok oor die sinnelose en koelbloedige moord op die Lens egpaar in Paulpietersburg. Wanneer ek dan van hierdie ongewone fratsongeluk lees waar agt mense dood en twaalf beseer is wat besig was om ‘n seekoei op te kap begin ek wonder – blinde sambok miskien?

Grassie ·

Nina – my hart bloei regtig – vir die arme seekoei. Die wildgetalle in ons land is besig om vinnig af te neem.

iamthinus ·

Julle sal julleself seker as goeie Afrikaner Christine beskou nê ? Daar is mense dood .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.