Agt dood in gru-ongeluk

Argieffoto

Agt mense is laat Saterdagaand in ʼn gru-ongeluk op die N11 naby Newcastle in KwaZulu-Natal dood.

Volgens voorlopige inligting het ʼn Porsche en ʼn Toyota Fortuner reg van voor gebots.

Bheki Ntuli, provinsiale LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, het gesê die Porsche het nie nommerplate op gehad nie en dat die bestuurder vermoedelik gejaag het toe die botsing plaasgevind het.

“Die Porsche het na die botsing aan die brand geslaan en die vier insittendes het onherkenbaar verkool. Die vier insittendes van die Fortuner, twee volwassenes en twee kinders, is ook op die toneel dood verklaar.”

Verkeersbeamptes probeer intussen vasstel wie die eienaar van die Porsche is ten einde die oorledenes te probeer identifiseer. ʼn Zimbabwiese identiteitsdokument is in die Fortuner gevind en volgens Ntuli sal dit hopelik kan help om die oorledenes van dié voertuig te identifiseer.

Ntuli het sy medelye met die oorledenes se families betuig en gesê sy departement sal die nodige bystand bied.

“Dit is kommerwekkend dat die slagting op ons paaie voortgaan, veral oor naweke. Wat ook kommerwekkend is, is dat dit blyk dat motoriste nie die padreëls en spoedbeperkings nakom nie en dat dit die hoofoorsaak van ongelukke is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

40 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris Ws

Bheki Ntuli word wakker en kry verkeers polisie OP die paaie en nie net by dorpe se in en uitgange nie.Die ongelukke vind NIE daar plaas nie.

KG

Elke liewe dag sien mens hoe padreëls verontagsaam word en sou jy waag om iets te sê of die persoon daarop te wys, is die kanse goed dat jy aangevat gaan word.

Ek probeer regtig hard om te verstaan hoe mense kan dink dis reg om so overantwoordelik ry en in die proses ander mense se lewens in gevaar te stel.

Cecile

Ek stem Chris, en sigbare polisiering, nie agter bome en bosse wegkruip nie????

CB

Hi Maroela Media
Volgens NKZN nuus was die ongeluk so 3km net buite Ladysmith KZN by die modelkloof afdraai??
Dis net so hartseer hoe mense padreels deesdae verontagsaam!!

Maljan

Ntuli getuig sy !edelye aan die families van die oorledenes. Tog lei ek af die ?igha e is nie geïdentifiseer nie. Maar hy het sy medelye betuig. Aan wie? Die media?