Agt dood in twee ongelukke op dieselfde pad

Die ongelukstoneel waar vyf mense dood is. Foto: Netcare 911

Die ongelukstoneel waar vyf mense dood is. Foto: Netcare 911

Agt mense is Maandag dood in twee ongelukke op die Schoemanskloofpad buite Nelspruit in Mpumalanga.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê vyf mense is dood nadat twee motors en ʼn vragmotor sowat 40km buite Nelspruit gebots het. Vyf mense was in een van die motors vasgekeer en paramedici het al vyf op die toneel dood verklaar.

Volgens Mathe is die liggame met meganiese toerusting uit die wrak verwyder. Een baan is vir verkeer gesluit. Die presiese oorsaak van die ongeluk, wat omstreeks 15:30 gebeur het, is nog nie bekend nie.

Intussen is drie mense dood nadat ʼn motor omstreeks 12:30 op dieselfde pad omgeslaan het. Volgens Mathe was twee mense reeds dood toe paramedici daar aankom. “Die ander een is op die toneel behandel, maar is kort hierna ook dood verklaar.”

In nog ʼn ongeluk in Mpumalanga is een mens kritiek beseer, terwyl nog 20 mense ligte beserings opgedoen het nadat ʼn minibustaxi en twee bakkies omstreeks 16:30 op die Roossenekalpad in Lydenburg gebots het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jan maak n plan ·

Oulik, weereens is daar n taxi en n vragmotor betrokke. Ek wonder hoe die statistieke daarna sal uitsien oor ongelukke waarin taxis en vragmotors betrokke is.

rienie ·

Wat eens n baie lekker pad was om te ry is nou n nagmerrie. Voorheen het die trokke van die snelweg gebruik gemaak. Nou gebruik hul almal Schoemanskloof, hou die verkeerd in strepe op. Wat dan veroorsaak dat taxis en die spoedvratte dan sommer op sper strepe verby al die ander geduldige padverbruikers jaag. Hoekom nie die trokke van daai pad af hou nie. Daar is tog nie na tolhek voor Schoemanskloof afdraai weer een nie.

Kyk Maar ·

Was op ‘n plaas wat grens aan daardie pad oor Kersfees. Ek het die verkeer vanaf die kruin van ‘n berg dopgehou. Wat my ook opgeval het, behalwe die ongeduld, was dat daar geen behoorlike volgafstande deur veral swaarvoertuie gehandhaaf was teen die afdraendes af nie.

Trudie ·

Die Schoemanskloof pad ry baie lekker. Maar die mense jaag en vat baie wilde kanse. Daar word hopeloos te min spoedlokvalle daar gehou. Baie onskuldige mense gaan dood op ons paaie deur ongeduldige mense.

Annie ·

Taxi .. taxi en weereens taxi’s … ons het self onder vinding gehad … hulle steek verby op dooie hoogtes en sper strepe … dan stel hulle almal in gevaar

Celia ·

Ek woon hier in die Kaap (Durbanville) Die afgelopemaand het e kopgemerk hier is kort kort motosr wat van agter amper in mense vasry, dan weer van die pad afdruk, dan weer ongeduldig verbysteek en helse kanse waag!plus SPOED- met GP registrasie nommerplate!.

Magda ·

En moenie die Kaapse registrasies vergeet wat op die N1 jag en op dubble sperstrepe verby gaan nie dat jy in die geelstreep moet ry sodat die voertuig van voor kan verby gaan, ao wat ek eintlik wil se is ALMAL is maar skuldig!

Chris Ws ·

Ons moes die Schoemanskloof pad ry oppad Komatipoort toe om te gaan kuier einde September 2016 omdat daar padwerke op die N4 aan die gang was en dit was nag!Sal nie weer daar gaan kuier voor die N4 geen padwerke meer op hom het nie en in volle gebruik is nie.

Piet Pompies ·

Het self hierdie pad gery in Desember, twee bestuurders, sal hulle Mnr Audi en Mnr Landrover noem. Hierdie twee ere gaste het wat hulself bo die verkeerswette stel het menigte voertuie op sperstrepe verby gesteek.
Ten spyte van hulle spoed en waaghalsige bestuur het ons saam by die tolhek aangekom.

Landi Slatter ·

Dagsê Pleknaam

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Anoniem ·

Ons het gister self daai pad gery en was amper twee keer in n botsing asgv motors wat verbysteek,en dit op n draai of hulle ry sommer net voor mens in.

snoefie ·

altyd n taxi. dan n vragmotor. terwyl duisende kilometers treinspore le en roes of vir n appel en n ui aan skroothandelaars verkoop word. dan weer, treindrywers a la bbbee kan dalk beteken n trein probeer jou op n draai verbysteek baie meters van waar die spoor loop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.