Agt dood toe bakkie teen brug bots

Argieffoto

Die Noord-Kaapse polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat agt mense Saterdag in ʼn ongeluk op die N12 naby Britstown dood is.

Volgens kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het die ongeluk ongeveer 06:45 plaasgevind.

“Nege volwasse insittendes van ʼn Ford Bantam-bakkie was vanaf Kaapstad na Prieska op pad om ʼn begrafnis by te woon,” het Kock gesê. “Die bakkie het vermoedelik die kant van ʼn brug getref wat veroorsaak het dat die bakkie uitmekaar geruk is.”

Altesaam vyf vroue en drie mans is in die ongeluk dood. Die voorkant van die bakkie met drie oorledenes is aan die onderkant van die brug gevind, terwyl nog drie insittendes dood bo-op die brug aangetref is. Nog ʼn insittende is op pad na die hospitaal dood verklaar en ʼn ander een is by die hospitaal dood. ʼn Vrou word tans in ʼn hospitaal op Kimberley behandel.

Die name van die oorledenes word weerhou totdat die families hul geliefdes uitgeken het.

Enigiemand met inligting oor die ongeluk kan vir konstabel Petrus Arnolds by 053 672 9200 kontak. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Susanna ·

Was daar nie ‘n wet uitgebring ‘n paar jaar terug wat dit onwettig gemaak het om passasiers agter op ‘n bakkie te vervoer nie? Of het hulle net daarna gekyk?
Natuurlik sal daar so baie mense in ‘n ongeluk sterf as hulle nie sitplek gordels aanhet….. of nie eers ‘n sitplek het nie….. nee man regtig? Drie persone voor in die voertuig? Hoeveel sitplek gordels het ‘n Bantam bakkie nou presies? Onverantwoordelik – dis al.

Koos ·

Daardie stuk wetgewing gaan oor vervoer agterop bakkies teen vergoeding. Google is jou vriend.

Anniea ·

En hoeveel mense kan mens voor in die bakkie sit – my kennis se 2 – hulle was 8 – hulle al net so erg soos die taxis.

franje van spanje ·

Hulle het nie piekniek gaan hou nie. Hulle was oppad na n begrafnis. Nie almal kan, soos ons, in n kar klim en ry nie. As jy by n geliefde se graf wil kom, maak jy maar n plan. Al is dit agter op n bakkie.

Johan. H. ·

Ja ek dink daar is seker al so wet,, Maar onthou dis net om die wittes te teiken ,, soos die vuurwapen fiaskoe,, teieken die verkeerde mense , O so gepraat daar is seker alweer n boer ook aangerand/ vermoor,, Ek hoop egter nie hier is n boer betrokke nie,,,

Koos1 ·

Ek het simpatie, maar neem inag dat daai bakkie gemaak is om 500kg en 2 persoone (200kg) te dra. Hier was 9 mense in en op met nog sekerlik bagasie. Kom ons sê elk was 100kg met bagasie. Dan praat ons van 900 kg op ‘n voertuig gebou vir maks 700kg. Dit kom net weer neer op disrepek vir ons landswette. Wat my meer bang maak is dat dit daagliks gebeur en onskuldige partye is baie keer ook slagoffers.

Buks ·

Ek het baie simpatie, maar ons landswette is ‘n grap. Net soos daar niks gedoen word aan plaasaanvalle, so gaan daar nie veel hieroor gedoen word nie. Ek ry elke ogend in druk verkeer werk toe, met dieselfde sondebokke met bakkies vol mense . Saans ry ek weer agter 2 spesifieke konstruksie voertuie met ten minste 20 tot 30 (miskien meer) werkers ingeprop soos sardientjes – ‘n tragedie wat wag om te gebeur. Tussen hierdie insidente, bus en taxi ongelukke vermoor hulle hul eie mense in die proses. Dit sal interessant wees om die statistieke daarvoor te sien!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.