Agt in hof na poskantoor-roof

(Foto: SA Polisie)

Agt verdagtes sal vandag in die Wynberg-landdroshof in Kaapstad verskyn in verband met ’n rooftog by ’n poskantoor.

Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, is die verdagtes Vrydagoggend in hegtenis geneem nadat die poskantoor in Constantia die vorige dag van ’n onbekende bedrag kontant beroof is.

“Daar is omstreeks 10:00 Vrydagoggend inligting ontvang oor die verdagtes en die voertuie wat tydens die rooftog gebruik is.”

Die voertuie is in Houtbaai opgemerk en deur polisiebeamptes van die pad afgetrek en deursoek. Agt mans, tussen 25 en 32 jaar oud, is in hegtenis geneem en daar is op twee nagemaakte vuurwapens beslag gelê.

In ’n onverwante voorval is ’n vermeende bendelid omstreeks 03:30 Saterdagoggend opgemerk waar hy in Kensington met ’n vuurwapen in die straat geloop het. Die verdagte, wat welbekend is aan die polisie, is in hegtenis geneem en daar is op die vuurwapen beslag gelê.

Die verdagte het om hulp begin roep toe die polisie hom aangekeer het en ’n groep mense het uit hul huise gekom en die polisie gedreig en geëis dat die man vrygelaat word.

Die groep het die polisiebeamptes en hul voertuie met klippe begin bestook en die verdagte kon daarin slaag om te ontsnap.

Geen skote is afgevuur nie en niemand anders is in hegtenis geneem nie.

“Die vuurwapen waarop beslag gelê is, is positief verbind aan ’n saak in Kimberley.”

Van Wyk het gesê voorvalle van geweldsmisdade in die gebied sowel as aanvalle op die polisie word ’n gereelde verskynsel en dat dit ’n groot bron van kommer vir die polisiebestuur is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

Deesdae is verkeerd reg en reg verkeerd. Hierdie land se wetstoepassing is in sy maai in!

Werner

Dan is die gemeenskap net so skuldig Soos die gesoekte aresteer almal Saakbeskadiging en inmenging van pligte of Los hulle Anders eet hulle ons geld

pompies

Nou ja wat verwag mens met die polisie soos dit is. Hoed en sy makkers kan nie die wet toepas nie maar hulle weet wel hoe om die strande te patroleer. die klomp wat klippe gegooi het moet ook aangekeer word, en vervolg word, dit is hoekom daar nie meer wet en orde is nie.

Mariana

En kriminele wen weereens. Polisie is bang vir die kriminele. En daai gemeenskap ondersteun die kriminele so hulle moenie kla as hulle in die kruisvuur beland nie. SAPS is nie opgewasse vir die kriminele nie. Swak opgelei.