Agt in hof oor 186 kg dagga

Foto: SAPD

Agt persone is in Underberg in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dagga.

Die persone, tussen 21 en 64 jaar oud, het glo sewe sakke dagga, wat saam 186,30 kg geweeg het, in hul besit gehad, het kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, gesê.

Lede van Himeville Vispol en beamptes van die Bulwer-polisiediens het Donderdagaand omstreeks 22:30 inligting opgevolg oor ʼn wit Nissan-bakkie wat dagga vervoer op die Drakensberg-pad in Underberg.

“Hulle het die voertuig op die R617 opgemerk en hulle wou die voertuig voorkeer, maar die bestuurder het weggejaag,” het Mbhele verduidelik. “Hulle het die voertuig agternagesit van Underberg en Bulwer-polisiebeamptes ontbied vir verdere bystand. Die motor is uiteindelik voorgekeer.”

Agt persone het in die bakkie gery en die sewe sakke dagga is gevind.

“Die persone is in hegtenis geneem, daar is beslag gelê op die dagga en die voertuig is geskut.”

Die persone sal na verwagting Maandag in die Himeville-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dagga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

zoom zoom ·

Ek kan dit nie glo nie. Wat moet ek nou rook om die politiek in ons lamd te kan verstaan. Ek het nie eens meer vuil kouse wat ek kan snuif nie. Die lewe is onregverdig

Leahim ·

Die polisie breek my sodra hulle net hulle werk doen dan word n span foto geneem en daar word geposeer soos in die cowboys tyd neem volgende keer n foto nadat julle 100 dagga smokkelaars gevang is en ek borg persoonlik julle trofees.

Cherokee ·

Iets Leahim, lyk nie vir my reg aan die foto nie. Nat dagga kan nie so styf gestop word in sakke nie en droë dagga is so lig soos ‘n veer. Daai lyk soos mielies! Wag, laat ek my bottelnek (skies my bril) nader skuif.

Cherokee ·

Daai foto lyk soos ‘n jagter wat ‘n olifant (of gemsbok) op 300 treë skiet met die hulp van ‘n teleskoop en as die arme dier wat van niks geweet het val, dan staan die jagter met sy regtervoet op die olifant se kop, geweer in die hand en brêg vir ‘n foto.

Frikkie Geld en huis ·

Hulle het inligting opgevolg om 22h30. Hul mag maar bietjie poseer, want die meeste manne by die stasies het teen daai tyd al ingesluimer.

Cherokee ·

Toegegee Frikkie. Wat ek gesê het was met ‘n glimlag.

Boertjie ·

En die skuldiges sal baie swaarder straf kry as perlemoen smokkelaars, hulle probeer darem landbou en nie verwoes lol

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.