Agt in hof oor korrupsie by grenspos

Die beskuldigdes in die hof. (Foto: Valke)

Ses immigrasiebeamptes van die departement van binnelandse sake het Maandag saam met ’n polisiebeampte en ’n Mosambiekse straatverkoper in die Komatipoort-landdroshof in Mpumalanga op aanklagte van korrupsie verskyn.

Die ses amptenare, Vusi Stanley Masuku (35), Sipho Mabunda (53), Anthony Zitha (35), Musa Sifiso Lamola (50), Getrude Nkuna (45) en Ensiena Mmalaerato Chiloane (52), sowel as die polisiebeampte, Tommy Jania Mhlangane (46), en die straatverkoper, Arlinda Zeferino Passe, is tussen Vrydag en Maandagoggend in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Dineo Sekgotodi, Valke-woordvoerder, is die ses amptenare en die polisiebeampte borgtog van R2 000 elk toegestaan. Passe is borgtog geweier en bly in aanhouding. Die saak is tot 3 Desember vir verdere ondersoek uitgestel.

Die inhegtenisnemings het gevolg nadat inligting van misdaadintelligensie ontvang is van bewerings van bedrog en korrupsie deur immigrasiebeamptes by die Lebombo-grenspos.

Volgens Sekgotodi het die beamptes glo teen betaling tydelike verblyf- en werkspermitte asook paspoortstempels uitgereik om onwettige immigrante van Mosambiek, Swaziland, Zimbabwe en Malawi in staat te stel om langer in Suid-Afrika te kan bly.

Die Valke was reeds sedert Desember 2019 besig met ’n misdaadintelligensie-operasie by die grenspos waartydens die verdagtes geïdentifiseer is en waarna lasbriewe bekom is en die inhegtenisnemings gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Harley Davidson ·

Waar mag en geld bymekaar gebring word sal party mense altyd die verkeerde pad kies sonder om aan die nagevolge dink.

Hennie ·

R 2 000 borgtog… Julle is seker terug werk toe daarna! Shame, arme goed!

Perdeby ·

Ek twyfel dink hulle is geskors, maar mense weet nooit nie.

quartus ·

die wiele van regspleging in SA draai verskriklik sadig deesdae

Shakespeare ·

Hoe kan hulle gearresteer word ? Al wat hulle gedoen het is om Mal emma se bevele uit te voer om die grense van Suid Afrika oop te maak vir Afrika. Niks fout daarmee nie. Shame so onregverdig.

Di ·

Hierdie spul is maar ‘n druppel in die emmer van korrupte personeel op die grensposte. Daar is tans miljoene onwettige immigrante in die land volgens die statistieke, als te danke aan hierdie korrupte spul. Dis geen wonder dat misdaad en moorde die hoogtes in geskied het nie.

Johannes ·

Hulle kriminele empire het slegs bestaan uit BEEEE lede!!!

Nee maar lekker man lekker.

Magda ·

Nou gaan n hulle seker by Di ANC, EFF aangestel word, dis Al hoe jy in daai POLITIEKE kringe bel and.

Sean ·

Van 2019 af??? Intussen is duisende onwettige immigrante die land in

Kokerboom ·

G’n wonder plakkerskampe groei teen so ‘n geweldige spoed in SA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.