Agt jaar tronkstraf vir moord op polisielid

(Argieffoto: pixabay)

Valento Magilies (19) is agt jaar tronkstraf opgelê vir die moord op ʼn polisiebeampte wat van diens af was.

Magilies het konst. Shane Nico Fleur (26) in Mei verlede jaar doodgesteek, het kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, gesê. Fleur was saam met vriende in Kruisfontein in Humansdorp toe die voorval plaasgevind het.

Volgens Mogale het Magilies vir Fleur met ʼn fiets raakgery en dít het tot ʼn hewige rusie gelei.

“Magilies het skielik ʼn mes uitgepluk en konst. Fleur in die bors gesteek. Hy het op sy fiets van die toneel gevlug.”

Fleur is na ʼn hospitaal gehaas, maar is met sy aankoms daar dood verklaar. Magilies is dieselfde aand in Arcadia tydens ʼn polisie-operasie in hegtenis geneem.

“Die Humansdorp-streekhof het Magilies Vrydag tot agt jaar tronkstraf vir die moord op Fleur gevonnis,” het sy gesê.

Die Valke se provinsiale bestuur het Magilies se skuldigbevinding en vonnis verwelkom en gesê dit moet as afskrikmiddel vir ander dien. Die Valke het ook die span aanklaers geloof vir die spoedige afhandeling van die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Belinda

Sjoe jul is dankbaar vir 8 jaar, hy gaan dalk 2 jaar sit en Fleur se lewe is vir ewig verby. Dit sal weer n toekoms verhaal word, veroordeelde moordenaar op parool uit gesoek in hierdie of daardie moord. Regstelsel beskerm nie die reg van die eerlike, onskuldige nie.

SomeOne

8jaar vir ‘n lewe, wie skrik vir dit ?
lewenslank, nie 25 jaar nie, lewens lank, totdat die beskuldigde doodgaan

Eragrostis

Dis eintlik ń skande om vir moord net 8 jaar tronkstraf te kry, en dan word word die regstelsel boonop daarvoor geloof ook. Wat die regters dink is ń afskrikmiddel is in hierdie geval eintlik ń motivering om moord te pleeg.

Pieter J

Hierdie is ń belaglike ligte vonnis.

Charmain

8 jaar vir moord!!! Absoluut skokkend. Dan lees jy van strawwe in 1ste wereld lande van 80-90 jaar vir moord en hulle sien NOOIT weer daglig nie…in SA is hy na 2 jaar uit op parool vir “goeie gedrag”