Agt jaar vir moord oor ‘vuil’ boerewors

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in die Rustenburg-streekshof tot agt jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn ander man oor ʼn stuk boerewors vermoor het.

Mpho Segwe (34) van Spruitfontein in Marikana naby Rustenburg het Samuel Chawe op 10 Desember 2014 vermoor. Hy het Chawe met ʼn knopkierie oor die kop en in die gesig geslaan.

Die hof het gehoor Chawe en sy vriend is na Segwe se huis om kos te vra. Segwe het ʼn stuk boerewors vir hulle gaargemaak, maar toe hy dit bedien, het Chawe gesê daar is sand op die boerewors. Chawe het Segwe met die kop gestamp en deur die gesig geklap en Segwe het in die huis in gevlug. Chawe het hom gevolg.

Toe Segwe die knopkierie te voorskyn bring, het Chawe weggehardloop, maar Segwe het hom agternagesit en twee keer oor die kop geslaan met die kierie. Chawe het drie dae later aan sy beserings beswyk.

Landdros Chris Nel het Vrydag gesê die aanval was onnodig. “Jy hoef nie die oorledene aan te geval het nie,” het Nel aan Segwe gesê. “Jy kon ʼn saak van aanranding teen hom aanhangig gemaak het, en nou het jy die aanvaller geword. Die beginsel van oog vir ʼn oog kan nie toegelaat word nie. Die staat het ʼn vonnis van agt jaar tronkstraf voorgestel en ek stem saam.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

HEVW ·

Moes dit nie lewenslank gewees het nie. Of is dit wanneer n mens oor boerewors moor nie so n erge misdaad nie? Daar moet beslis iets goeds in hierdie produk van die boere steek as n mens bereid is om daaroor te moor.

humor ·

Kan n mens jou dit indink dat die duiwel selfs n stuk boerewors kan gebruik om sy rol hier op aarde te vervul. n Mens kan selfs in die hel beland vanwee n stuk boerewors en n knopkierie daardy. Gewis n gevaarlike kombinasie.

Dee ·

Die landros

Chris Nel het homself kwesbaar gestel deur die beginsel van ‘n oog vir ‘n oog te kritiseer.

Marianne ·

HELL NEE SHAME MAN!!!! 8 jaar vir word???? BELAGLIK. Was dit Oscar moes hy seker steak gaan koop en sorry se…. HOE WERK ONS REGS STELSEL?????

ANDRE ·

Wou vandag wors braai….. Maar wors , Lions rugby .en brannas klink nie na n goeie plan nie……….GO LIONS….!!!!!

Stadig oor die klipe ·

Mense dit wil voorkom of dit n instelling in Rustenburg en omgewing is. Ek self was so amper aan gerand, toe uit geskel as nie reg in die kop nie,dit oor besmette en bedompige boere wors wat ek so 43 buite Rstenburs gekoop het. Om die kroon op die koek te sit is ek toe lewenslank belet om ooit weer by die plek te kom,anders sal die slagter my dood vloek

Peet J ·

Draai die linker en dan die regter wang as jy dit doen het jou aanvaller ‘n kans om jou buite aksie te stel.
Indien jy aangeval word het jy die volste reg om jou lewe te verdedig. Ek dink manslag sou meer gepas gewees het met ‘n opgeskorte vonnis van drie jaar vir eerste oortreding.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.