ʼn 25-jarge man is Dinsdag in die Blue Downs-landdroshof in Kaapstad tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op ʼn polisiebeampte meer as sewe jaar gelede.
Nkosinathi Mjodo (25) is skuldig bevind en gevonnis vir die moord op sers. Donald Monjwa (35) op 24 Junie 2013. Monjwa, wat op die dag nie aan diens was nie, was aan ʼn afdeling van die misdaadintelligensie-eenheid in Kaapstad verbonde.
Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, sê Monjwa was op pad winkel toe om lugtyd vir sy selfoon te koop. Sy kollega het in die voertuig agtergebly.
“Toe Monjwa die winkel verlaat, het hy gesien hoe vier onbekende mans met sy kollega by die motor staan en gesels. Hy het na die motor geloop om uit te vind wat die probleem is. Hy het toe een van die mans in die gesig geklap,” sê Hani.
“ʼn Tweede man het probeer om tussenbeide te tree en dit is toe dat Mjodo vir Monjwa agter die regteroor geskiet het. Die groep mans het daarna laat spaander.”
Monjwa is by sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Mjodo is ook skuldig bevind op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
16 Kommentare
Wow die land is omtrent n cowboy en kroek geval net die verskil hier is die kroeks wen al die pad
Net 8 jaar lekker vir n moord en dit op n polisiebeampte mooi man kom ons gebriuk die rasse kaart as dit nou n wit mens was wat die sneler getrek het was dit 25 jaar + of hoe mense
So die polisie man het ‘n onwettige vuurwapen en ammo gehad ook baie interessant om te dink hulle moet ons beskerm pffft nee genade
Lewens word al hoe goedkoper, 8 jaar vir moord en met goeie gedrag uit op 3 of 4 jaar,wat is die straf daaraan en wat is die doel daarvan om nog moorde te voorkom?
Agt (8) jaar klink vir my bietjie min vir MOORD!!