Agt kandidate vir OVK-pos

Die OVK se kantoorgebou by Riverside-kantoorpark in Centurion Foto: Oupa Mokoena, Pretoria News

Die OVK se kantoorgebou by Riverside-kantoorpark in Centurion Foto: Oupa Mokoena, Pretoria News

Die name van agt kandidate vir die pos van die OVK-kommissaris is by die parlement ingedien.

“Ná ʼn deeglike oorweging van die kandidate se agtergrond en prestasie in onderhoude, het die paneel eenparig besluit dat die betrokke persone se name aan die speaker van die nasionale vergadering voorgehou kan word,” het hoofregter Mogoeng Mogoeng gesê. Hy was die voorsitter van die paneel wat onderhoude gevoer het met voornemende kandidate vir die pos by die Onafhanklike Verkiesingskommissie.

Die agt kandidate is Sheila Margaret Camerer, voormalige ambassadeur in Bulgarye; Hlaleleni Kathleen Dlepu, voorsitter van die geslagsgelykheidskomitee van die prokureursorde; Rebecca Madipoane Queendy Gungubele; advokaat Salome Ngwanamathiba Khutsoane; Janet Love, deeltydse kommissaris by die Menseregtekommissie; Vuma Glenton Mashinini, presidensiële raadgewer; Lumko Caesario Mtimde; en Maruping Michael Wildebees, uitreikbestuurder vir die OVK in die Noord-Kaap.

ʼn Komitee, wat bestaan uit verteenwoordigers van verskeie politieke partye in die parlement, sal nou een kandidaat uit die agt persone aanwys om ʼn aanbeveling te doen voor pres. Jacob Zuma. “Dit is dan die president se besluit, om na sy goeddunke die persoon aan te stel en daarna enige van die vyf kommissarisse as voorsitter van die OVK aan te wys, het Mogoeng bygevoeg.

Die onderhoude is vandeesweek in Boksburg gehou met 14 kandidate wat op ʼn kortlys beland het. Kevin Malunga, adjunk Openbare Beskermer, Lawrence Mushwana, voorsitter van die MRK, en Mfanozelwe Shozi, voorsitter van die Kommissie vir Geslagsgelykheid, het saam met Mogoeng op die paneel gedien.

Die pos het vakant geraak toe die OVK-voorsitter Pansy Tlakula in September bedank het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Louis le Roux ·

Ek hoop hulle doen die regte ding en stel vir Sheila Camerer aan.

Chris van Heerden ·

Hulle sal nie Louis Sy het nie die regte velkleur nie. Die anc stel die mense aan en by hulle bestaan witmense nie.

JoeV ·

En toe val die keuse op Vuma Mashinini , ons is mos agt jaar oud en die speelgrond boelie het sy maatjie aangestel om die volgende span verkiesing se uitslag te bepaal. Sal nou graag wil sien wat die mense darvan sal sê!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.