Agt kinders beseer toe kar rol

Die Avanza het omtrent 20 m van die pad af gerol. (Foto: ER24)

Agt kinders en twee volwassenes is Donderdagmiddag beseer toe die motor waarin hulle gereis het, ʼn Toyota Avanza, meters vêr van die pad af gerol het. Een van die kinders is kritiek beseer en moes met ʼn lugambulans na ʼn hospitaal geneem word.

Die ongeluk het net ná 14:30 op Baden Powell-weg tussen Khayelitsha en Mitchells Plain in die Wes-Kaap plaasgevind.

Volgens die ambulansdiens ER24, het paramedici kort na hul aankoms op die toneel die meeste van die pasiënte in die middel van die pad aangetref. Die Avanza het ongeveer 20 m van die pad in die veld gelê. Die motor was erg beskadig.

“Een van die kinders, ʼn dogtertjie, was in ʼn kritieke toestand en paramedici het onmiddellik begin om haar te stabiliseer, voordat ʼn helikopter van die Rooikruis haar na die naaste hospitaal geneem het,” het Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, gesê.

Nog ʼn kind en die twee volwassenes het ernstige beserings opgedoen en is ook op die toneel behandel en later na ʼn hospitaal geneem. Die res van die kinders het minder ernstige beserings opgedoen. Dit is nie seker hoe oud die kinders is nie.

Volgens Van Huyssteen was wetstoepassingsowerhede op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Di ·

Oorlaai – 10 mense in ‘n voertuig wat eintlik net 7 mense kan vat. Bestuurder moet aangkla word. Hulle oorlaai voertuie om meer geld uit elke rit te maak, gee nie om oor die veiligheid van die passasiers nie.

Swerwer ·

Verskriklik, 8 kinders in die motor. Sterkte aan die ouers van die kinders en mag hul volkome herstel van hul beserings en die trauma waardeur hul moes gaan.

JohanR ·

Toyota Avanza kan sewe insittendes inpas met gordels. Kan men se dat drie in daai motor het nie gordels aangehad nie, en het op makaar se skoote gesit? Ek ys as sien ‘n oop pakkie is vol gelaai agter, en party staan. Wens net die beste vir almal wat erinstig beseer is.

Sonia ·

Taxi’s ry met Avanzas en taxi bestuurders is gewoonlik roekeloos, verontagsaam gewoonlik padverkeersreëls en doen net wat hulle wil, waar hulle wil en hoe hulle wil en beskou hulleself as bokant die wet. Nêrens word hulle in die bek geruk nie en is hulle gewoonlik die oorsaak van padongelukke.

JM ·

Verantwoordelikheidsin, wat is dit? Dit is ‘n genade dat niemand dood is nie. Sommige mense sal nooit leer nie.

Perdeby ·

10 mense in ‘n Avanza – oorlaai die bestuurder , indien hy nog lewe sal aangekla word, omdat die voertuig oorlaai was.

Jaco ·

As jy vir hulle sê hulle is oorlaai, kap hulle terug met beskuldigings van rassisme en apartheid.

Wielspore ·

Sterkte aan die kinders wat seergekry het.
Ek self het ‘n Toyota Avanza besit, puik en ekonomiese voertuig en het hom geniet tot die dag wat ek hom amper omgegooi het en besluit om hom te verkoop want dit is ‘n onveilige voertuig. Die Avanza is top swaar met ‘n kort voor en agter wiel afstande wat hom vatbaar maak vir omval.

Skappie ·

Sterkte aan die kinders wat beseer is. Mag hulle gou gesond word.

Strandloper ·

Toyota Avanza taxi staan bekend as n cockroach in die Kaap…dink eerder crinkle cut sal beter pas

Jack ·

Duidelik gee die bestuurder nie om vir menselewens nie. Dis een van die siektes in ons land waarvoor geen vaksiene ontwikkel is nie. Dit het alles temake met swak tot geen wetstoepassing nie. Ons sien dit almal maar owerhede laat dit net verbygaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.