Agt klaskamers aan die brand gesteek

Een van die klaskamers wat brand. Foto: Mweli Masilela

Agt klaskamers en ʼn personeelkamer is Sondagoggend by ʼn skool in Mpumalanga aan die brand gesteek.

Volgens Jasper Zwane, woordvoerder van die provinsie se departement van onderwys, het ontstoke inwoners vermoedelik die klaskamers by die Lamulelani Secondary School in Marite Circuit, suid van Bosbokrand, aan die brand gesteek.

“Die voorval het gebeur terwyl Reginah Mhaule, LUR van onderwys, saam met die burgemeester van die Bosbokrand-munisipaliteit met inwoners vergader het om te versoek dat onderwys in Marite weer op dreef kom,” Zwane gesê.

Dit volg nadat gemeenskapslede wat op die bou van ʼn teerpad aandring, die afgelope tyd skoolverrigtinge in die gebied verhinder het.

“Die vergadering kon nie ʼn oplossing bereik nie, aangesien sommige gemeenskapslede volgehou het dat skoolverrigtinge nie sal voorgaan voordat werk aan die pad begin nie.”

Dit is die tweede skool waar geboue in die afgelope maand aan die brand gesteek is. Die inwoners dreig glo om al die skole in die omgewing af te brand as die plaaslike regering nie aan hul eise voldoen nie.

Die polisie ondersoek die voorval, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

“Die departement veroordeel hierdie voorvalle ten sterkste en versoek gemeenskapslede om die polisie te bel as hulle die brandstigters gesien het of enige inligting het wat tot hul inhegtenisneming kan lei,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

André ·

Dit help nie om skole te bou as dit heeltyd afgebrand word nie

Leo ·

Ja en die afbrand gaan help vir die opvoeding. Cut you nose to spite your face.

Scalla ·

Laat hul dit self herstel, as die pad reg is, is daar nie n skool nie, patetiese ouers

Verstom ·

Praat van jou neus af sny om vir jou gesig na te kom. Ek kan nie die dink werk agter hierdie dade verstaan nie.

Leon ·

Sonder n teerpad kan hul die toekoms in,maar sonder opleiding bly Sa ondergaan,en die naburige lande ly ook daaronder.

Cherokee ·

Ja…! Dit is slim!~ As die munisipaliteit die straatligte te laat aanskakel sal ek jou winkel afbrand! Selfs àl is jy ook kwaad oor die straatligte en vuil posbusse. O ja… belasting word te hoog so kom ons brand die skool af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.