Agt LP’s sal Grondwetwysiging saamstel

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die ANC-koukus het Vrydag gesê hy het agt van sy LP’s ontplooi om op ʼn ad hoc-komitee te dien wat ʼn konsepdokument vir die wysiging aan die Grondwet sal saamstel om uitdruklik grondonteiening sonder vergoeding toe te laat.

Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het in ‘n verklaring gesê Thoko Didiza, Vincent Smith, Stanford Maila, Rosina Semenya, Lindiwe Maseko en Phumzile Mnguni sal op die ad hoc-komitee dien as lede wat kan stem. Phumzile Ngwenya-Mabila en Nono Maloyi sal die regerende party verteenwoordige as lede wat nie stemreg het nie.

Die Nasionale Vergadering het Donderdag goedkeuring gegee dat die komitee saamgestel kan word ná ʼn groot debat in die parlement. Die ANC, EFF, African People’s Convention (APC), National Freedom Party (NFP) en United Democratic Movement (UDM) was ten gunste van ʼn wysiging aan die grondwet. Die DA, IVP, Cope, VF Plus en ACDP het die mosie teengestaan.

Die ANC wil hê die wysiging moet in werking tree voor volgende jaar se algemene verkiesing.

Mthembu het die gebeure van die week en die oploop tot die aanstelling van die komitee beskryf as “die mees geskiedkundige ontwikkeling sedert die aanvang van ons parlementêre demokrasie”.

“Deur hierdie wysiging sal artikel 25 van die Grondwet dit duidelik stel wat reeds in die Grondwet geïmpliseer word wat betref grondonteiening sonder vergoeding, as ʼn wettige opsie vir grondhervorming, om die kwessie van historiese onregte weens ontneming van grond, aan te roer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Bekommerd ·

Al hierdie voorafgaande gesprekke ens met kostes was alles n bluf van die ANC. ANC het mos al gewys hulle wil die onmoontlike laat werk en hulle kan nie insien dat hulle daarmee misluk.

Anton X ·

Die stelling “om die kwessie van historiese onregte weens ontneming van grond” hang seker ook maar af van wie die huidige geskiedenis wat op skool geleer word, geskryf het.

Johan H. ·

As jy wl iets besit. Klim van die soustrein af gaan werk. En koop dit. So maklik

Lana ·

Hierdie het die potensiaal om die grootste klug te word wat SA ooit sal tref.

James ·

Ek beveel sterk aan dat mense wat NOG nie verstaan hoe die wereld werk nie, “Die Reg” deur Frederic Bastiat gaan lees. Die Engelse vertaling uit die oorspronklike Frans is redelik maklik beskikbaar op die internet.

Alles wat rondom hulle gebeur, sal dan begin sin maak…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.