Agt maande oue baba sterf ná aanranding

Die huis in Bonteheuwel waar Levy vermoedelik ‘n geruime tyd lank aangerand is. (Foto: Verskaf)

’n Egpaar van Bonteheuwel staan tereg op aanklagte van moord nadat hul agt maande oue babaseuntjie verlede week aan veelvuldige beserings in ’n hospitaal beswyk het.

Klein Levy Isaacs het kopbeserings, inwendige beserings, kneusplekke en bytmerke opgedoen voordat hy Vrydag in ’n hospitaal dood is.

Ricardo en Catherine Isaacs, onderskeidelik 32 en 31 jaar oud, is kort ná die baba se dood in hegtenis geneem en het Maandag in die landdroshof in Bishop Lavis verskyn, sê Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Die huis in Bonteheuwel waar Levy vermoedelik ‘n geruime tyd lank aangerand is. (Foto: Verskaf)

Angus McKenzie, wyksraadslid vir Bonteheuwel, het intussen sy skok oor die moord uitgespreek. “’n Agt maande oue kind is só erg aangerand dat hy nie meer met ons is nie… Ek is geskok, hartseer platgeslaan en gewalg.”

Daar word vermoed dat Levy geruime tyd tuis aangerand is. McKenzie het die huis besoek waar Levy saam met sy ouers gewoon het.

Die egpaar sal weer op 22 Januarie in die hof verskyn wanneer hulle na verwagting aansoek om borgtog sal doen. Die staat gaan borgtog teenstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wonder net ·

DIS WREED!!! maar dit wat ek hulle eintlik wil noem is nie toegelaat op die blad nie. Gee hulle vir ouers wat kinderloos is. Wat smag na n baba lyfie! Hoe leef mens met jou gewete saam. Maar aan die anderkant, sulke mense het nie n gewete nie.

Gogga ·

Ek stem 100% saam met jou. Die enigste spyt is dat hulle nou “moontlik” tronkstraf sal moet uitdien

Tokkel ·

Sluit hulle toe en vergeet waar sleutel is. So baie mense wat graag daardie mooi seuntjie sou wou aanneem. Ek glo drugs en drank is terspraake weer!

Pieter ·

Mag julle aan God genade vra. Die is n geskenk van God en Hy gaan dit nie net so laat nie. Arme kind. :(

Gogga ·

Net toe ek dink daar is nie meer nuus oor in die land wat my kan ontstel of my kop laat skud nie….
Rus sag klein lyfie. Daar is nie meer iemand wat jou kan seer maak nie. Dit is hartseer om te dink dat hulle wat jou moes beskerm nie om gegee het of jou magie vol is of jy iewer pyn het of jy warm genoeg is nie. Miskien het jy gehuil daaroor, en dis dalk hoekom hulle jou so seer gemaak het.
Ek hoop hulle kry wat hulle toekom, want mense soos hulle moet nie eers na verwys word as “ouers” of “voogde” of iets in daardie lyn in artikels of in die hof nie. Want dit was hulle beslis nie

JM ·

Hoe kan ouers soiets aan ‘n onskuldige baba doen? Ek is geskok en gewalg!

Agter die skerms ·

Stem saam met wonder net – wreed verby – borgtog moet glad nie gegee word nie. Ek stem saam gee hulle vir mense wat smag na kinders. Een van daai mense is my sussie wat wat sou gee net om ‘n ekstra kind te kon he.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.