Agt munisipaliteite in NW onder administrasie geplaas

Job Mokgoro (Foto: ANA)

Job Mokgoro, premier van Noordwes, het Donderdag aangekondig dat agt munisipaliteite in dié provinsie onder administrasie geplaas is.

Kagisano-Molopo, Ramotshere Moiloa, Ditsobotla, Kgetlengrivier, Maquassi Hills, Naledi, Mahikeng en Ngaka Modiri Molema sal almal vanaf 1 September onder administrasie wees in ooreenstemming met die relevante wetgewing. Dié munisipaliteite is onder administrasie geplaas nadat ʼn diagnoseverslag oor die stand van munisipaliteite by ʼn vergadering van die provinsiale uitvoerende raad voorgelê is.

Mokgoro het gesê dié breedvoerige verslag is deur die departement van plaaslike regering en menslike nedersettings saamgestel en aan die raad voorgelê. Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) het ook ʼn voorlegging gedoen oor wetenskap, tegnologie en innovering vir munisipaliteite.

“Na aanleiding van die twee voorleggings het die uitvoerende raad besluit dat al 22 munisipaliteite in die provinsie voortdurende monitering en ondersteuning nodig het. Daarom sal terugvoer oor die assessering en ondersteuning van die munisipaliteite voortaan ʼn vaste item op die raadsvergaderings se agenda wees,” het Mokgoro gesê.

“Dit sal die uitvoerende raad in staat stel om gereeld ʼn ingeligte assessering van die stand van munisipaliteite te doen om sodoende ingeligte ingrypings te kan bewerkstellig.”

Van die probleme wat die munisipaliteite ervaar, sluit in negatiewe ouditresultate weens ʼn versuim om post-oudit-aksieplanne in te stel, asook ʼn gebrek aan interne beheermaatreëls om ongemagtigde, onreëlmatige en verkwistende besteding te voorkom, waar te neem en aan te meld. Die munisipaliteite sukkel ook met inkomste-invordering wat beteken dat krediteure, soos Eskom en waterrade, laat betaal word.

Success Maroto, die sakebeampte vir Noordwes in die ouditeur-generaal se kantoor, het vroeër vandeesmaand gesê onreëlmatige besteding in Noordwes-munisipaliteite het in die finansiële jaar 2016-’17 van R3,19 miljard tot R4,29 miljard toegeneem.

Drie munisipaliteite was verantwoordelik vir 55% van hierdie onreëlmatige besteding – die Rustenburg- plaaslike munisipaliteit met R938,5 miljoen, die Ngaka Modiri Molema- distriksmunisipaliteit met R827,8 miljoen en die Madibeng- plaaslike munisipaliteit met R561,9 miljoen.

Daar was nie een enkele munisipaliteit in die provinsie wat skoon oudituitslae ontvang het nie. Slegs die Mahikeng-munisipaliteit het verbeterde oudituitslae getoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Diefie ·

En die prys gaan aan??? O gaats! Die swakste een is? ALMAL!

m.d.r. ·

Ek is heeltemal stomgeslaan—-Madibeng wat al uitgwys is as die swakste munispaliteit in Suid Afrika is sowaar nie op die lys nie….
Net ‘n vraag as voorbeeld : Hoeveel van hierdie munispaliteite se elektrsiteits- en water voorsiening was al afgeskakel as gevolg van wanbetaling…?
Die inwoners van Madibeng en veral Hartbeespoort kan ‘n paar verhale hieroor vertel…!!!

IK ·

Ek wonder wie is skaapwagter gemaak? Ja, die Struggle is vir lank nog nie verby.

Joshua ·

Doen ook so met korrupte Lesedi Heidelberg want hulle deel sommer xtra water&ligte rekeninge uit van derduisende rande nie eens met ons name op die rekening nie, net n adres op n print out A4 papier opgerol in my huis se heining ingedruk!!!!

Basie ·

Stadsrade het net nog ‘n sassa betaalpunt geword. Vergadering op vergadering … kfc vergaderings EN niemand doen iets daaromtrent nie. GEEN tegniese of finansiële kennis nie. Dit sal nooit stop nie.

Saartjie ·

Emfuleni is ook onder administrasie…… EN NIKS GAAN BETER NIE INTEENDEEL DIT GAAN ERGER HIER…. ABSOLUUT GEEN DIENSLEWERING

Nutraal ·

Daar sal nie van dié mense ontslae geraak word nie. Hulle doen dan hul werk so “goed” my probleem is dat en nie weet of die munisipaleteie in Suid Afrika is of in die ewigheid dit is. Daai name ken ek nie.

Nutraal ·

Daar kan nooit van sulke “uitstekende” raadslede ontslae geraak word nie. NOOIT NIE. My probleem is dat ek nie dié vreemde munisipaleteite ken nie. Is dit in Suid Afrika???

Judge Dredd ·

Wat gemaak as jy faal in alles? – Maak seker die sakebeampte se naam is SUCCESS – die naaste wat die mense aan dit sal kom.

Marius ·

So ek neem aan dat die stadsrade geen behoorlike Kapitaal programme in plek het nie en ook geen lang termyn beplanning doen om Infrastruktuur in stand te hou of te vervang nie. Nie baie wys nie aangesien dit belastingbetalers net meer gaan kos in die toekoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.