Agt ondervra ná moord op KZN-polisiebeampte

(Argieffoto: SA Polisie)

Die polisie ondervra minstens agt mense ná die moord op ʼn polisiebeampte van KwaZulu-Natal die afgelope week.

Konst. Thandekile Promise Sikhakhane (35) is Dinsdag doodgeskiet nadat sy twee vroue ʼn saamrygeleentheid van Ladysmith na Ezakheni gegee het. Sy het verby die Ezakheni-polisiestasie gery waar sy werk sodat sy die vroue kon gaan aflaai, het kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, gesê.

Sikhakhane het stilgehou om een van die vroue af te laai en is genader deur drie mans wat verskeie skote op haar gevuur het. Die verdagtes het haar dienspistool gegryp en gevlug.

Sy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie het Vrydag op ʼn huis in Ezakheni toegeslaan nadat hulle inligting oor ʼn onwettige vuurwapen gekry het. Hulle het Sikhakhane se gesteelde Z88 9 mm-pistool by die huis gevind en ondervra in hierdie stadium die mense wat daar aangetref is.

Die polisie is daarna ook na ʼn perseel in Ladysmith waar hulle op nóg ʼn 9 mm-pistool beslag gelê het. Dié wapen is vermoedelik gebruik om Sikhakhane dood te skiet.

Ballistiese toetse moet egter gedoen word om te bepaal of dit wel die moordwapen was, het Mhlongo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hercules ·

interessant dat hierdie verdagtes so gou arresteer is, maar daar word jare na plaas moordenaars gesoek

laat ‘n veteraan polisie man nogal dink

Chappie ·

“Wonderlik” om te sien hoe vining sekere gevalle aandag geniet deur die SAPS!?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.