Die polisie is op soek na agt verdagtes wat uit die aanhoudingselle by die Modimolle (Nylstroom)-polisiestasie in Limpopo ontsnap het.
“Die ontsnapping is Maandag om 03:00 agtergekom,” het kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê.
“Daar word vermoed dat hulle ʼn voorwerp gebruik het om deur die diefwering in die dak te saag.”
Die verdagtes is weens huisbraak, huisroof en die besit van dwelms aangehou.
Twee van die verdagtes, Andries Chauke (52) en Titus Chauke (34), is verhoorafwagtendes wat teregstaan weens veediefstal. Hul medebeskuldigde, Tinus Groenewald (37), is verlede week in die Mokopane-streekshof tot 80 jaar tronkstraf gevonnis vir veediefstal.
Groenewald, van die Oos-Rand, het in Julie en Augustus 2013 meer as R2 miljoen se vee in Limpopo en Noordwes gesteel.
Otto het gesê die agt verdagtes is gewapen en gevaarlik. Sy het mense versoek om hulle nie te konfronteer nie, maar dadelik die polisie in kennis te stel.
Wil ek net ook ‘n regstelling maak … Groenewald is nie van BENONI nie, maar wel van BRAKPAN. woonagtig op ‘n plot buite BRAKPAN …
Waar was die offisier aan diens wat die selle moet besoek elke uur? “Inside job”….
Ek stem saam. Dis ‘n “inside job”. Hoe saag jy deur staaltralies en die polisie hoor dit nie? Dis g’n wonder misdaad neem ons land oor nie. Die polisie weet nie eers wat in hulle eie polisiekantore aangaan nie!!!
Hierdie ontsnapping kon onmoontlik nie plaasvind sonder die “polisie” se hulp nie!!
waar kry hulle nou skielik wapens?
Inside job, werk almal saam, viva