Agt plaasaanvalle, twee plaasmoorde in ses dae

Joubert Conradie (links) en Kyle Stols.

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan Woensdag sy syfers vir plaasaanvalle en plaasmoorde sedert die begin van 2017 bekend maak.

Dít volg nadat agt plaasaanvalle sedert Vrydag plaasgevind het, wat tot die dood van twee mans, Kyle Stols (21) en Joubert Conradie (47), gelei het.

Stols was die voorman op ’n wildsplaas naby Jagersfontein in die Vrystaat. Hy is Sondag vermoor. Conradie, ’n boer van die Klapmuts-omgewing buite Stellenbosch in die Wes-Kaap, is Dinsdagoggend tydens ’n plaasaanval vermoor.

“Vanjaar sal die sesde agtereenvolgende jaar wees waarin ons syfers ’n styging in plaasaanvalle en -moorde aandui,” sê Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum. “Daar is tot dusver in 2017 reeds meer moorde tydens plaasaanvalle gepleeg as die totale syfer vir 2016.”

Roets het aan Maroela Media gesê AfriForum sowel as TLU SA hou hul eie statistieke oor plaasaanvalle en -moorde nadat die regering in 2007 bekend gemaak het dat geen verdere statistiek daarvan ingesamel gaan word nie. Die twee organisasies het hul eie afsonderlike databasisse wat hulle deurlopend vergelyk.

Gawie Stols, Kyle se broer, gaan die bekendstelling bywoon om te vertel hoe die familie en gemeenskap deur sy broer se moord geruk is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Erick ·

Dankie vir die statistiek maar nou waar is ons reaksie op al hierdie aksies. Wanneer gaan ons reageer anders as om landuit te gaan wat die veiligste blyk as daar geen weerstandige reaksie van ons kant af is nie.

Kry buitelandse hulp ·

Ons moet vra vir hulp vannaf die buiteland! Geldelike hulp vir alarmsisteme, bewusmakingshulp, enige hulp! Die buiteland moet nou uitvind!

Anoniem ·

Die buiteland weet, en niks word gedoen nie, elke land het sy eie probleme en SA probleme word nie hoer geag as die land se eie (eerste wereld) probleme nie. My enigste antwoord hierop is om te immigreer. Niemand gaan jou te hulp snel en die rooi tapyt uitrol en jou kaartjie oorsee betaal behalwe jyself nie. As jy sit en wag vir buitelandse hulp, gaan jy lank wag en is immigrasie ook nie die antwoord vir jou nie. SAners in die buiteland moet dikwels baie harder werk as die land se eie burgers om hulself fe bewys, om sodoende hulle werk te behou. Ek glo God het wel ‘n plan met SA, maar dit gaan baie erger word voor dit gaan beter raak. Dalk in jou agterklein kinders se kinders se dae, maar verseker nie in die volgende 100 jaar nie. Afrika moet eers goed val en uit sy eie foute leer voor dit gaan groener word.

Vermeende ·

Daar is net een ding wat die plaasaanvalle en moorde gaan stop, booms, patrollies en n aandklokreel op elke plaaspad, beman en bedryf deur die boere van die destrik.

Tiger ·

Waars die boere wat dit gaan doen?’n Boer is iemand wat heeldag hard werk sonder om sy horlosie dop te hou.In aand is hy pootuit en dan nog tot watter tyd probeer skelms vang teen geen vergoeding ook nog.Nee wat,dit sal nie gebeur nie.Meeste woon nie eers hul GPF/Plaaswag vergaderings by nie!

Nettie ·

@Anoniem – sê my, as mens R12 000.00 per maand verdien (soos ek), hoe en waar de ongeluk gaan jy genoeg geld bymekaar maak om te kan emigreer? Ek sou BITTER graag NZ of “Down Under” toe wou emigreer (ek sien nie kans vir Europa se koue en Kanada se onvriendelikheid teenoor ex-Saners nie), maar daar is nie ‘n manier waarop ek genoeg geld bymekaar sou kon maak om te emigreer nie. Dan bly mens mos maar en jy bid elke dag en nag dat die ongeluk jou nie vandag of vannag tref nie.

Wollie ·

Tiger, kom kyk hoe word die dinge gedoen in Nylstroom. Ons Boere en GPF bring hulle kant en werk hard om ons mense te probeer veilig hou….

blouskrif ·

Kry kommando’s en buitelandse hulp – vra die Duitsers – hulle sal help – hulle politiek is besig om te verander. Hulle het ‘n getekende pakt met die boere in die Anglo bore-oorlog gemaak en dit is op skrif in die argiewe – word die blou skrif genoem. Siener het daaroor geskryf en gese dit gaan op ‘n tyd uitgehaal moet word en die Duitsers sal by die pakt hou. Siener het geskryf hierdie dinge gaan gebeur – maar hierdie is net die begin. Ons moet meer paraat wees.

Melanie ·

Dit is om van teskreeu, tehuil,wat doen die polisie en ons useless government omtrent dit.Hoeveel boere moet nog vermoor word voordat daar opgetree gaan word.Dit is genocide op ons blankes, geen boer ,geen kos,is hulle haat so groot want niks was eers gesteel by die jong voorman wat vermoor is nie!

Nettie ·

Jy sien, Melanie, ‘hulle’ – die misdadigers – dink nie aan die verreikende gevolge van hul dade nie. Dit gaan vir hulle oor die geld wat hulle nóú in hul hande kan kry om daardie volgende dagga-zol, tikstrooitjie, mandrax-pil of watter dwelm ookal te kan koop. Hulle ‘worry’ nie oor ‘n lewe wat geneem is, ‘n gesin wat uitmekaar geruk word, ‘n gemeenskap wat ontredder gelaat word, ‘n plaas wat (dalk) nie meer produktief gelaat word en volhoubare voedselvoorsiening wat gestaak word nie. Hul verstandelike ontwikkeling het by die bevrediging van oombliklike noodsaak opgehou (alvolgens Freud se behoefte-siklus ontleding).

Fransie ·

SA sal LEIERS moet aanstel in regering en die doodstraf terug bring en al hierdie verbode immigrante uit Noord Afrika uit ons land kry en verban. Satan is baie besig. LEIERS wat reg en geregtigheid Kan laat geskied!! Hoeveel van hierdie plaasaanvalle word deur blankes gepleeg??? Hierdie moorde is uit en uit Blanke Genocide!!

Chris ·

Ek het n omheinings stelsel in my kop wat mens kan implementeer op plase. N manier om hulle in te hok as hulle naby plaashuis kom. Ligte op hulle te sit. Dan laat jy dit bietjie hael reën…wonder hoe wettig so iets sal wees. Krys sponsors by Agriforum etc om die toerusting te befonds en sodoende sukkelende boere te help…

Theo van der Walt ·

Mense daar is n organisasie wat jy kan by aansluit wat strukture in plek het en graag na ons boere en volk kyk. Dit is die Boerelegion. Kyk na die nuus wie het die man op Lightenburg en die twee in Middelburg by gestaan, wie het hulp aan die persone se familie gegee. Dit was die Boerelegioen omdat daar leiding en strukture in plek is. Vat saam met hulle hande en beskerm ons volk

Toy ·

Here help ons asb stop hierdie aanvalle en moorde teen ons boere. Ons kan dit ni doen sonder u hulp nie.

Witbooi ·

n Paar reëls: –
– Verwag n aanval. Die toename in plaasmoord en gewelddadige aanvalle is so dramaties dat jy nie te rustig kan wees nie. Verwag dat dit met jou ook kan gebeur.
– Slaap agter geslote deure sodat daar minstens n lawaai moet wees voor hulle by jou uitkom.
– Handwapen in die bed. Daar gaan nie tyd wees om dit uit te haal nie.
– Skiet eerste en skiet raak. n Waarskuwingskoot in jou huis mors kardinale tyd.
– Leer almal in jou huis om nie in die nag te loop sonder aan ligte nie om ongelukke te voorkom.
– Hê verkieslik meer as een selfoon byderhand, met die regte nommer gereed. In n noodsituasie druk jy net die knoppie. Jy hoef nie te praat nie, hulle sal hoor en reageer.
– Verkieslik n hond in die huis saans as vroë waarskuwing.
– Moenie in die aand verdagte dinge buite gaan ondersoek nie. Beveilig eerder almal binne. Jou besittings buite is van mindere belang.
– Kyk na jou honde se gedrag wanneer jy in die aand by die huis aankom. As jou honde vreemd optree, glo hulle.
– Ons WIL NIE MENSE DOODSKIET NIE. Maar bedink dit sodat jy klaar besluit het wat om te doen wanneer die tyd aanbreek. Sonder huiwering.

PJC ·

Dit wil voorkom of ons nou die Koerde (Pesmerga) se hulp en strategieë benodig.

Dis ń plan .. ·

Ek dink dit het tyd geword dat die Kaapse Party (Cape Party) se plan, nl. ń onafhanklike Kaapse Republiek geimplimenteer word!

Rachel ·

Maak ni saak wat jy vandag aan sit nie oral is daar moord op die wat kos maak vir hul land die boere is liefde volle mense hul is op hul eie hul help graag hul skep werk hul maak niemnd seer ni hul kyk na moeder aarde maar hul mede mens wat doen hy so liefde vol so wat n boer is net so haatlik kan hy begin raak veral as sy mense se lewe in gevaar is dis nie lker om on vrees te lewe ni as my foon lei vrees ek dat een van my geliefdes dalk weg geneem is deur n boos doener dan lees ek of hoor van al di ander boere vermoor is dan besef ek dat daar nog its van my bood is wat elke boer is deel van my no vra ek staan op mense staan op en veg vir ons boere veg vir ons mede broers wat kos sit op ons tafels

Callie ·

Lank, lank gelede was daar n trotse boerenasie wat sou saamstaan en veg vir sy mense. Al wat oorgebly het is wittes wat kommentaar lewer en verder niks sal doen nie. VERDIEN WAT JY VERDRA

Annalien ·

Stem 110% met jou saam Callie. Ek is ‘n eintlik ‘n ou vrou, kan nie veel doen nie, maar sal saam met die manne wat wil, gaan veg vir ons land.

Lynn ·

Buiteland gaan nie help nie. Net sensasie vir hulle. Regering polisie weermag ons help? Verseker nie. Arrogant en hatig.. gee nie om vir vrek van honger, solank witttes net dood of weg. Net soos Zim. Ons mense sal moet leer saamstaan. Bid help. Die regte aksie met Sy leiding is nodig. Boer, werk met jou roer aan jou sy. Die satans sal nie skroom om jou en jou vrou en kinders te vermoor nie. Net soos met bloedrivier van ouds sal God ons bewaar. Bewaar Sy Woord. Glo.

lollie ·

‘n Uitkyktoring met die nodige kommunikasietoerusting beman deur plaaswerkers (wat ‘n basiese sekureitskursus geloop het) 24/7 en wat roteer tussen plaaswerk en bemanning van die toring.

JJQQ ·

Interessant dat news24 nét die een plaasmoord noem in die weskaap van die DA. Dis jammer die meerderheid weet nie van die waarheid.

Johannes Meintjes ·

Na mening is daar meer agter plaasaanvalle as blote swak ANC regering en onopgewasse SAPD of Buurtwag en GPF optrede. Daar is geen ander uitweg behalwe dat burgers en boere op die grond werklik innoverend begin saamwerk ten opsigte van ‘n effektiewe en onderdringbare buurtwag Yster Kordon op nasionale SA grondvlak.

Johan ·

Kyk na die geskiedenis waar blankes in Afrika geboer het. Kenya het die Mau Mau die wittes uitgemoor, Zimbabwe ,almal weet wat daar gebeur het. Hoekom sal SA uitgesonder word?Ek wil by Witbooi se raad aansluit en nog hulp probeer aanbied. Almal het n kamera heeldag by hom ,neem fotos van vreemdes op julle paaie . As hulle sien hulle word afgeneem sal hulle twee keer dink voordat hulle iets probeer. Bêre die fotos op jou rekenaar ,nie op jou selfoon ,want die vat hulle.

Werner ·

Begin n boere komandoe wat reg oor die land op plase geplaas word. As “sekuriteit” en lei hulle op van jong manne af op om vuurwapens reg veilig te kan gebruik as ook om die boere te help met die veiligheid van die families op die plase.

Deon Fourie ·

RSA sal moet oud Vietnamese spesialiste invoer om te leer hoe om eiendom te booby trap. Dit sal gedoen moet word om almal in ons eiendomme te beveilig.

Jaco ·

Stem saam Werner, Afriforum moet geld insamel en in die areas ou polisie lede en weermag lede kry om die gebied te patroleer.

Diana ·

Dis alles goed en wel om syfers en statistieke bymekaar te maak. Ek is daarvan oortuig dat daar ook nie agteroor gesit word oor die kwessie nie, maar daar is steeds ‘n toename in hierdie misdade met geen lig in die tonnel nie. En beskerm jy mense en eiendom, is die kanse goed dat jy self in die tronk gaan sit. So wat nou?? Watter ‘aksieplan’ is julle oplossing vir hierdie probleem??

Christopher Smuts ·

Op tv kanale soos IDxtra word horde moordverhale bekend gemaak.
Waarom word hier nie ook so program gemaak oor die plaasmoorde wat ook op IDxtra uitgesaai kan word nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.