Agt polisiebeamptes in hof oor diefstal

(Foto: SA Polisie)

Agt lede van die polisie se taktiese reaksie-eenheid het Vrydag in die Kroonstad-landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklag van diefstal en dwarsboming van die gereg.

Serss. Doctor Christian Maloisane, Tieho William Nkebenyane, Paseka Kelebohile Molifi, Sello Joseph Makonyane, Khotatso Prinsloo Bless, Madiboho Samuel Mokhethi, PH Motlejoa en konst. Luzuko Cenga moet op 1 Oktober weer in die hof verskyn vir hul aansoek om borgtog, berig brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie. Hulle bly in aanhouding.

“Die beamptes is op 22 September deur die provinsiale teen-korrupsie-eenheid in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by ʼn sakeroof wat op 20 Junie 2020 by ʼn supermark in Kroonstad plaasgevind het,” het Makhele bygevoeg.

Die verdagtes het na bewering ʼn operasie uitgevoer op ʼn winkel in Stasiestraat in Kroonstad. Hulle het die eienaar en sy vrou in hegtenis geneem op aanklag van oortreding van die Rampbestuurwet omdat hulle sigarette verkoop het tydens die afsonderingsperiode. “Beamptes het beslag gelê op ʼn groot bedrag kontant en sigarette. Die egpaar is lagter vrygelaat en die geld en sigarette is aan hulle teruggegee. Dit het toe aan die lig gekom dat die bedrag wat aan hulle teruggegee is, verskil van die bedrag waarop daar beslag gelê is.”

Twee ander lede, sers. Molifi en Maloisane, sal op 27 September weer in die Welkom-landdroshof verskyn op ʼn afsonderlike aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Dié vuurwapen en ammunisie is in hul huise gevind tydens die soektog, het Makhele gesê.

“Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand wat slagoffers was van soortgelyke voorvalle. Kontak sers. Tebogo Seekoei by 060 981 1458 of kontak Crime Stop by 08600 10111.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Faruk

Ons speel lekker “Cowboys en Crooks”, elke dag ‘n nuwe game, van voor af… en so gaan dit aan en aan, elke nuwe dag :-)

Danie

Ja my kind as jy n polisie man sien asb hardloop hule kan jou nie vang want meeste van hulle kan nie tien tree hardloop.

marius

Hoed se trots , en asseblief moenie kom met die storie van veralgemeen nie want daar word niks gedoen of gese van die sogenaamde eerbares se kant nie .

Persheks Adri

Boonop het hulle 400% danger pay gesoek tydens lockdown! Ons moet eerder betaal word, want hulle is ‘n gevaar vir ons!

Cornelius

Lekker ANC SAKP Mafia.