Agt ‘rowers’ vas ná jaagtog, skietery

(Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

Agt verdagtes is aan die Wes-Rand in hegtenis geneem nadat ʼn skietgeveg tussen polisie en die verdagtes Woensdag uitgebreek het.

Volgens kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, het die verdagtes glo ʼn koeriervoertuig in Rustenburg beroof en van die toneel gevlug in ʼn Quantum- en Iveco-bussie, ʼn Ford Ranger bakkie en ʼn Lexus.

Polisie is omstreeks 10:00 na die Krugersdorp-omgewing ontbied waarna dié voertuie deur beamptes opgemerk is. Die verdagtes het in verskeie rigtings gevlug en skote op die polisie afgevuur.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Ses verdagtes is kort ná die jaagtog in die Quantum-bussie in Germiston in hegtenis geneem. Een verdagte was in die Iveco en een in die Ford Ranger. Die Lexus was verlate met ʼn pistool op die sitplek. ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur om nog ʼn verdagte wat glo die Lexus bestuur het op te spoor.

Polisie het die goedere wat uit die koeriervoertuig gesteel is in die Iveco-bussie gevind, asook drie ongelisensieerde vuurwapens. Die vier motors is glo ook gesteel.

Die verdagtes staan tereg op aanklag van gewapende roof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens, die besit van gesteelde eiendom, nalatige bestuur en poging tot moord.

Die polisie is besig om vas te stel of die verdagtes betrokke is by ʼn reeks rooftogte op koeriervoertuie in Gauteng.

Hulle sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Elias Mawela, polisiekommissaris in Gauteng, het die betrokke eenhede se lof besing vir hulle tydige reaksie wat gelei het tot die inhegtenisneming van die verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
koos10

Waar is die kommetators nou, wat die SAPD altyd net sleg sê?

Welgedaan vroue en manne! Dis sulke berigte wat my bly maak. Jammer dat die rowers nog leef, want as jy op ‘n geregsdienaar skiet, moet jy maar jou testament reg gekry het, in my oë.
Ek is dankbaar dat nie een SAPD lid of lid van die publiek beseer is nie.

Diline

Baie bly dat daar nog lojale polisielede daar buite is. Dankie vir julle bydrae om hierdie toenemende kriminiele vas te trek. Hoop nie die klomp word weer op borgtog vrygelaat nie!

Hennie

Lekker ANC kiesers! Laat hulle asb gou uit op borg, anders kan die kat-en – muis speletjies nie voortgaan nie!

Frank

Welgedaan SAP. Ek dink hier het julle ‘n goeie slag geslaan. Mens voel altyd dat daar dosyne sindikate is, maar dikwels is dit net een of twee wat so aktief is.

LANA is ELANè

Kom ons kyk hoe lank neem dit voor hulle op borgtog vrygelaat word. Ons president hou mos daarvan om misdadigers op die publiek los te laat, danksy sg menseregte en ander kamtige verskuilde agendas.