Agt Sassa-beamptes in hegtenis geneem

Van die beamptes wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Agt beamptes van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) is in hegtenis geneem op aanklag van bedrog en korrupsie.

Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het gesê die verdagtes, sewe vroue en ʼn man tussen 32 en 63 jaar oud, is Donderdag in hegtenis geneem.

Volgens Sekgotodi het die beamptes glo Sassa se stelsels gemanipuleer deur mense sonder gebreke as gestremdes te klassifiseer om sodoende toelaes te bekom. “Die verdagtes het sodoende glo die staat met meer as R5,5 miljoen bedrieg.”

Sekgotodi het gesê die ondersoek na die bewerings het reeds in Desember 2015 begin. “Die verdagtes sal Vrydag in die Tonga-landdroshof verskyn.”

Genl.maj. Zodwa Mokoena, provinsiale hoof van die Valke, het gesê diegene wat by korrupte bedrywighede betrokke is, moet weet die Valke gaan hulle opspoor en vervolg.

“Korrupsie in die regering en private sektor beroof ons mense van iets wat aan hulle verskuldig is en ons sal geen steen onaangeroer laat nie om seker te maak diegene wat hulle hieraan skuldig maak word vervolg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
wielie

Wonder hoeveel is daar nog wat bedrog pleeg ?

Bittereinder

Ore van die seekoei!!!!1

Lynette

Wat van al die ander waarvoor n ‘blind eye’ gedraai word?

abel

Wys hulle gesigte soos met SPUR!!!!!!!!! Of gaan hulle loskom?

Johann

Ons verstaan nie mense. So elke dan en wan “vang” iemand iemand uit en dans dit n palawa van epidermise proporsies. Die wat die skelm werk.doen word “gevang” en die wat die vang werk moet doen wel…hulle “vang” die ander…dink ek? Al.deel van om ons te kul jou hier en kup jou daar en siedaar…maak ons blind vir die GROOT prenkie. So bv: wat van MINISTER DLAMINIE se aandeel (of is.dit nou aandele) in die “skema”? Ooooo jaaaaa. NUMBA WHONE het gese dis nie n issue nie so…lekker pleeg die minister haar plig. Kan nie wag om te hoor wat… Lees meer »