Agt Sassa-beamptes in hegtenis geneem

Van die beamptes wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Agt beamptes van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) is in hegtenis geneem op aanklag van bedrog en korrupsie.

Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het gesê die verdagtes, sewe vroue en ʼn man tussen 32 en 63 jaar oud, is Donderdag in hegtenis geneem.

Volgens Sekgotodi het die beamptes glo Sassa se stelsels gemanipuleer deur mense sonder gebreke as gestremdes te klassifiseer om sodoende toelaes te bekom. “Die verdagtes het sodoende glo die staat met meer as R5,5 miljoen bedrieg.”

Sekgotodi het gesê die ondersoek na die bewerings het reeds in Desember 2015 begin. “Die verdagtes sal Vrydag in die Tonga-landdroshof verskyn.”

Genl.maj. Zodwa Mokoena, provinsiale hoof van die Valke, het gesê diegene wat by korrupte bedrywighede betrokke is, moet weet die Valke gaan hulle opspoor en vervolg.

“Korrupsie in die regering en private sektor beroof ons mense van iets wat aan hulle verskuldig is en ons sal geen steen onaangeroer laat nie om seker te maak diegene wat hulle hieraan skuldig maak word vervolg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Petrus ·

Jy moet eerder wonder hoeveel daar is wat nie bedrog pleeg nie.

Alta ·

Ek dink daar is baie van hulle want as jy kyk na hoeveel eisers op die databasis is van sassa is dit baie moontlik.

Johann ·

Siesa. Lelike ding om van n seekoei te sê! Seekoeie wat ek ken steel nie kos…of geld…of brand en breek nie. Hulle wel…is bloot seekoeie?MAAR as jy sou verwys na die edelagbare foutlose her exsilentjie pass the buck liewe minister…wel DAN sou ek se ons kan gemaklik.praat van n trop van die dierkies met die klein oorkies!

Cherokee ·

Seekoeie wat jy ken, sê jy? Beteken dit dalk jy het vriende in die parlement?

Lynette ·

Wat van al die ander waarvoor n ‘blind eye’ gedraai word?

abel ·

Wys hulle gesigte soos met SPUR!!!!!!!!! Of gaan hulle loskom?

Johann ·

Ons verstaan nie mense. So elke dan en wan “vang” iemand iemand uit en dans dit n palawa van epidermise proporsies. Die wat die skelm werk.doen word “gevang” en die wat die vang werk moet doen wel…hulle “vang” die ander…dink ek? Al.deel van om ons te kul jou hier en kup jou daar en siedaar…maak ons blind vir die GROOT prenkie. So bv: wat van MINISTER DLAMINIE se aandeel (of is.dit nou aandele) in die “skema”? Ooooo jaaaaa. NUMBA WHONE het gese dis nie n issue nie so…lekker pleeg die minister haar plig. Kan nie wag om te hoor wat sy in die howe gaan kwytraak om nie vir die regs kostos in te staan nie?

cor ·

Ons hoor net altyd daarvan maar sien nooit dat dit in n hof draai nie. Hulle gaan ook nog steeds hulle salaris kry want hulle moet mos eers skuldig bevind word, wat nie gou sal gebeur nie.

Hendrik ·

en in ons familie het mediese verslae en grondige mediese probleme wat haar vehoed om te gaan werk. Vir haar word gesê jy is op goeie behandelig daarom is jou sassa afgekeur terwyl sy wel sassa vir n jaar ontvang het. Was sy vir daardie jaar dan op swak mediese behandeling? Ek wonder maar net.

Asjas ·

Het die Valke ‘n Hot line? Ek het vir hulle ‘n tip oor waar hulle die grootste skelm van alle tye kan opspoor en vervolg.

Annie ·

Le beslag op hulle privaat eiendom. Dit was in elje geval met gesteelde geld gekoop. Het sommige mense net geen eerlikheid in hulle bene nie

Elize ·

Nee man, hoekom moet hulle dan eerlik wil wees? As die ander dit doen, hoekom kan hulle ook nie? Ds mos die trend in die regeringsdepartemente, dan nie? Free for all!! En ons belastingbetalers moet maar dinges en betaal.

AL ·

Ons belastingbetalers beveel dat die R5.5miljoen terugbetaal word en dat daar op hul besittings beslag gelê word.
Mooi so Polisie, dankie vir jul skitterende werk.

Alida ·

Mooi SAPD en Valke. Dit is nou 2017 en die bollie het al 2015 begin. Hulle moet kyk hoeveel van SASSA se geld is in Zuma en DLaminu se familie se rekenings inbetaal. Vieslike skelms. Daar is miljarde gesteel never mind miljoene. Dank hulle af met onmiddellike effek sonder vergoeding. Dit is tog wat die wet se oor diefstal en bedrog nie waar nie?

Noxthefox ·

Hulle vang gewoonlik net die brakkies. Die Groot Diewe in die Hoe gestoeltes wat miljarde steel word deur die Groot Induna Beskerm.

Riëtte ·

Nou wonder ek by myself toe ek die berig lees.
Wanneer mens ‘n departement besoek kan die ene wat jou help skaars engels,let alone afrikaans, praat.
Nou waar kry hulle die kennis om die stelsel (wat miljoene gekos het om dit anti corruption te maak) te manipuleer.
Hier sit baie meer agter al hierdie goed, soos die klomp wat kort kort gevang word vir id en paspoort bedrog…..?????

pietie ·

Die staatsdepartemente is van bo tot onder deurtek van korrupte en onbekwame kaders. Dit gaan hopelik lei tot die ondergang van die ANC.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.