Agt sterf in ‘afgryslike ongeluk’

Argieffoto

Agt mense is dood tydens ʼn grusame botsing buite Keimoes in die Noord-Kaap.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het die botsing as “afgryslik” beskryf. Volgens Kock het die botsing Saterdag teen 19:30 sowat 15 km buite Keimoes gebeur. Kock het gesê die presiese gebeure is egter nog vaag.

“ʼn Hyundai Accent en ʼn Renault Clio, albei met vier insittendes, het na bewering reg van voor teen mekaar gebots. Sewe mans en ʼn vyfjarige seun is op die toneel dood,” het Kock gesê. “Die polisie het ook agt beseerdes wat in ʼn Toyota Condor was in die veld langs die pad aangetref. Hulle is almal na ʼn hospitaal gehaas.”

Volgens Kock lyk dit asof die Condor ook in die botsing betrokke was, maar daar is nog geen duidelikheid hieroor nie aangesien nie een van die insittendes nog in staat was om ʼn verklaring aan die polisie af te lê nie. Hy het versoek dat enigiemand met meer inligting oor die ongeluk vir kapt. Mbongi Mtirara by 082 454 4014 bel.

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mike Kaapstad ·

Hulle moet motors verban , te veel mense gaan dood…………

Verban simpel redenasies.... ·

MIKE, hoe redeneer jy?
Kom ons verban:
Motors en taxis en gewere en messe en swembaddens en honde en motorfietse en petrol en vuurhoutjies en……
Neeeee man. Mense moet net bykom.

Lou ·

Mike, dis nie die motors se skuld nie, maar die mense wat hulle bestuur.

Johan ·

Ek het Sondag daai pad gery. Die mense steek verby op sperstrepe en jaag teen verskriklike spoed. Mense staan langs die pad en drink bier. `n Sperstreep en spoedbeperkings beteken niks op daai pad nie. Ek kan nie onthou wanneer laas ek verkeerspolisie op daai paaie gesien het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.