Agt sterf in Kaapstadse brand

Die toneel Maandagoggend na die brand. Foto: Phandulwazi Jikelo/ANA

Agt mense, insluitend vier kinders, is dood nadat ʼn reusebrand Maandag in die vroeë oggendure in ʼn informele nedersetting in Khayelitsha in Kaapstad gewoed het.

Theo Layne, woordvoerder van die Kaapse brandweer, het gesê ʼn watertenker en twee brandweerwaens is net na 01:30 na die toneel ontbied. Volgens mediaberigte het die brand in die Taiwan-nedersetting ontstaan.

Vier plakkershutte is reeds voor die brandbestryders se aankoms op die toneel in die brand verwoes. Volgens Layne het twee vroue, twee mans, drie seuns en een minderjarige meisie doodgebrand. Nog 22 mense is dakloos gelaat.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, maar word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

D P J ·

Laat die 0nwetige plakker sien en voel wat gebeur as hulle sulke plakkers hutte oprig.
Dalk sal hulle verstaan hoekom die mense so kekant is teen onwettige struktuure.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.