Joseph Mabuza, woordvoerder van die departement van veiligheid en sekuriteit in Mpumalanga, sê die voertuie het omstreeks 5:00 Saterdagoggend reg van voor gebots op die D501 naby Thulamahashe.
“Vier mense, twee van elke voertuig, is ernstig beseer en na ‘n hospitaal geneem.”
Mabuza sê die polisie ondersoek ‘n saak van beweerde dronkbestuur.