Agt sterf in Mpumalanga-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Agt mense is dood en sewe beseer nadat die minibustaxi waarin hulle gery het Dinsdag in Mpumalanga gerol het.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsie se departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê die ongeluk het omstreeks 15:00 op die D270-pad tussen Seabe en Nokaneng plaasgevind.

“Die bestuurder van die taxi het glo beheer oor die voertuig verloor en dit het verskeie kere gerol,” het Mabuza gesê. “Die agt mense, insluitend die bestuurder, is op slag dood.”

Sewe mense het kritieke beserings opgedoen, en is na die Mmametlhake-hospitaal in Hammanskraal, Mpumalanga geneem vir verdere behandeling.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.