Agt sterf in trompop botsing

Argieffoto

Argieffoto

Agt mense, waaronder twee kleuters, is Sondagaand in ʼn trompop-botsing naby Malmesbury in die Wes-Kaap dood.

Richard Coleman, woordvoerder van die Kaapstadse verkeersdienste, het aan Maroela Media gesê ʼn ligte afleweringsvoertuig en ʼn bakkie het omstreeks 19:10 op Klipheuwelweg, reg van voor teen mekaar gebots.

Volgens Coleman is die bestuurder van die afleweringsvoertuig op slag dood, terwyl die bestuurder van die bakkie ernstige beserings opgedoen het. Twee mans, in hul 30’s, drie seuns tussen die ouderdomme van 14 en 19 en twee kleuters van ongeveer twee jaar oud is ook op die toneel dood.

Nog drie vrouens is ernstig in die botsing beseer en is saam met die bakkie se bestuurder na ʼn hospitaal gehaas.

Coleman het gesê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elmien ·

Is vervoer van passasiers agterop ‘n bakkie nie onwettig nie? Ek verstaan dis dalk die enigste manier van vervoer vir van ons maar ai…

Shawn ·

Twee mense in bakkie oorlede, die res was in die rooi motor, dra nie kennis van mense agterop n bakkie nie. Maar dis nogsteeds n hartseer , mag hul RIV , sterkte aan die families van die oorledenes

Wat-ek-lees ·

Ek was nie daar maar wat ek lees is uiters ontstellend en tien teen een soos meeste trompop botsings só onnodig. Só eenvoudig om SLEGS verby te gaan wanneer veilig. Daar is niks wat jou moet dwing om die verkeersreëls te oortree.
Toegegee dat daar heelwat verkeerstekens ontbreek en ek sal graag ook punte wou aanteken hieroor teen AARTO.

Elna ·

Ons het daar verby gery paar sekondes nadat dit moes gebeur het. Soos jy kan sien mos die rooi kar dalk ‘n U draai gemaak het omdat jy kan sien hy is op die pasiers kan geslaan. Daai was by ‘n blinde heuwel gewees. Die rooi motor voor by sy engine het dit al begin brand.

RIP mense wat oorlede is. Dit was glad nie ‘n mooi prentjie gewees nie om daar verby te ry.

Mag jule familie trosing kry…

MerriMel ·

Ai, hoe hartseer! So baie mense het hul lewens verloor en reg hier by ons ou dorpie. My hart gaan uit na hul geliefdes. Absolute tragedie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.