Agt sterf in twee N4-ongelukke

Die ongeluk buite Nelspruit. Foto: Netcare 911

Agt mense is dood in twee afsonderlike ongelukke op die N4 in twee verskillende provinsies.

Vyf mense is Dinsdagaand dood in ʼn botsing naby die Ngodwana-gebied buite Nelspruit in Mpumalanga. Volgens Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het ʼn minibustaxi en vragmotor gebots voor albei voertuie omgeslaan het.

“Vyf mense was reeds dood voor paramedici op die toneel aangekom het. Vier mense het matige beserings opgedoen terwyl drie mense geringe beserings opgedoen het.” Die oorledenes en beseerdes was almal insittendes van die taxi. Verskeie van die oorledenes en beseerdes was in die wrak vasgekeer en moes met meganiese toerusting verwyder word.

Volgens Dollman is die insittendes van die vragmotor nie beseer nie. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Die ongeluk buite Brits. Foto: ER24

Intussen is drie mans Woensdagoggend dood en minstens 12 mense beseer toe ʼn minibustaxi op die N4 buite Brits in Noordwes omgeslaan het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die taxi het op sy sykant in die middel van die pad gelê. Volgens Meiring is talle mense uit die taxi geslinger. Die drie mans se liggame is ʼn ent van die taxi af aangetref en hulle is op die toneel dood verklaar.

Volgens Meiring is die beseerdes op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Nadia ·

Elke ongeluk waarvan mens lees die laaste ruk, is ‘n taxi of trok betrokke.

Maya Roon Joubert ·

Ek het al eerder kommentaar gelewer oorlaat die kop aan kop ongelukke ontzettend toe neem en veral waar trokke en minitaxis betref! Vir my spel dit duidelik dat DIÉ voertuie ‘n ontsettende gevaar op ons paaie is in elke provinsie! Dus of die drywers is nie bekwaam of die voertuie nie padwaardig as bestuurders nie bekwaam is behoort hulle nie agter ‘n stuurwiel te wees in die eerste plek! Ontrek alle trokke en minitaxis of beperk hulle tot sekere tye en verhoog polisiesiering!

Elsa ·

Wanneer luister owehede? baie taxi’s onpadwaardig…gaan todts op Hendrik Potgieter..Nic Diedericks…Main en Ontdekkers regdeur tot R28 Wesrand
Taylor Rd ingesluit…veral tussen 5 en 6 soggens…geen ligte….loop skeef…stop nie by rooiligte en mazk U DRAAIE..wees sigbaar op elke pad

jennefer ·

wil nie kla nie maar wat as my geliefdes in die ander voertuig is??

Lee ·

TAXI’s = doodskiste op wiele.
Dit raak net erger by die dag !
Geen padreëls word meer nagekom nie – wetteloos en roekeloos verby !!

Anton ·

Die taxi’s op die R101 tussen Cell C se kantore en die quary jaag plek-plek 3 langs mekaar rigting Pta.. Die 3de string taxi’s is op die ryvlak van die aankomende verkeer. Die bestuurders is doodsveragtend en dit is bitter gevaarlik vir almal wat daardie pad moet gebruik

Soekie ·

Klink seker nie mooi nie; maar: so vinnig soos wat boere afgemaai word, word onskuldige lewens afgemaai deur taxi-ongelukke……..Baie hartseer.

cor ·

Waar lees jy dat mini bus taxi minder word, elke dag hoor jy iemand is op sy voete gehelp waar sy minibus ontein is. Verder help die regering hulle om nuwes te bekom en banke mag mos nie hulle voeruie terug neem nie.

Piet Pompies ·

Met verwysing na die N4 tussen Gauteng en Mosambiek, sodra die son sak kruip die wrakke en slakke uit hul gate en betree die pad met hul oorlaaide en onpadwaardige voertuie. As die son opkom is die pad besaai van Taxis wat dit nie die roete gemaak het gedurende die nag agv meganiese foute of oor oorlading, sleepwaens wat se bande gebars het, ons noem dit roadkill.

jennefer ·

sodra die son sak sien mens geen verkeersbeampte meer nie

Tina du Toit ·

Dis oor hul soos mal mense jaag. Gee nie `n hel om of hulle jou van die pad afry nie. Maandag jaag `n sement lorrie verby my kind se skoolbus en net`n paar meter verby toe moes die bus drywer uitswaai want toe lê die lorrie in die pad en amper is die skoolbus in daai lorrie vas. Met die briek het `n taxi wat op die bus se agterkant gery het sy neus binne in die bus se agterkant in vas gery en taxi opgeneuk en talle voertuie moes uitswaai en het gerol net oorrede hulle jag duiwels is.

jennefer ·

Doen bietjie navraag hoeveel kode 10 ( baie maklike toets) lisensies by lisensiekantore uitgereik word.

Johan. H. ·

Ek moet se dis darm nie alle taxis, trokke, nie As daar se maar 1 taxi n dag groet in die land, hoefeel ander voertuie in die land groet nie ook nie, BMW, MERCS>ENIGE Voertuie.. So ja ons moet nie veralgemeen nie, My opinie as n ou soos n vark ry, en hy alleen groet , dan is dit maar so TA_TA

Anoniem ·

Ek ry drie keer n week die N17 tussen boksburg en Secunda en dit is kommer wekkend om te sien hoeveel noodlottige ongelukke op die pad gebeur. Daar is miskien 1 dag in n maand n verkeers beampte in n voertuig op die pad dan sien jy hom ook sit onder die brug naby Kinross en slaap. Die motors gaan verby op sperstrepe en hy/sy kom dit nie eers agter nie. Die ander ding is maatskappy bakkies wat jaag asof die duiwel agter hul aan is, as maatskappye hul voertuie track en sien teen wat se spoed hul drywers ry en dan optree sal dit ook die paaie veiliger maak. Dan wonder ek as mens n oudit kan doen op verkeers boetes hoeveel van die boetes sal jy kry wat te doen het met gladde bande, ligte wat nie werk nie ensovoorts ek dink dit sal maar min wees want dit is mos beter vir n verkeersbeampte om n paar rand in sy sak te steek as wat dit na die munisipaliteit toe moet gaan. My boodskap vandag aan korrupte verkeers amptenare sal wees mnr/mev jy vat bloedgeld want elke mens wat jy toelaat om jou te bride omdat die voertuig nie padwaardig is of teen n hoe spoed ry is n lewensgevaar vir ander pad verbruikers en jy mnr/mev verkeers amptenaar is meedepligtig aan die dood van n onskuldige pad verbruiker omdat jy dit toelaat om gebribe te word.

Theresa ·

Kan nie verstaan waarom die mense wat afhanklik is van hierdie argwaangevulde bestuurders van publieke vervoermiddels nie die hele bedryf boikot nie. Kry ‘n fiets, ry saam met iemand anders of dring aan op opgeleide bestuursders. Wens hul wil WEIER om van hierdie arrogante bestuurders se dienste gebruik te maak. Dis soos ‘n opgehemelde iets wat aanbid word. Bo die wet uit. Bo vasvat uit. Bo respek vir lewens uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.