Agt sterf in twee ongelukke in KZN

Sewe mense is op slag dood in ’n ongeluk naby die Tugelabrug noord van Durban. Foto: Verskaf

ʼn Motorfietsryer het sy lewe in ʼn trompop botsing op die M4 in Durban verloor.

Volgens die Netcare 911-woordvoerder Shawn Herbst het hul paramedici Vrydag omstreeks 20:45 berig van ʼn botsing op die M4-noordwaarts naby Umdloti in die noorde van Durban ontvang.

Op die toneel het dit geblyk dat ʼn motor en die motorfiets trompop gebots het. “Die volwasse man op die motorfiets het noodlottige beserings opgedoen is op die toneel dood verklaar,” sê Herbst.

Die polisie was ook op die toneel om die ongeluk te ondersoek.

In ʼn afsonderlike voorval is sewe mense Saterdagmiddag dood toe twee motors elders in KwaZulu-Natal gebots het.

Die oorledenes se liggame het versprei gelê op die suidwaartse sowel as noordwaartse bane van die N2 naby die Tugelabrug, noord van Durban.

Na bewering het die bestuurder van ʼn Toyota Etios beheer oor die motor verloor en trompop met ʼn Toyota Hilux gebots. Die slag was so geweldig dat sewe mense op slag dood is.

Die pad was geruime tyd gesluit terwyl noodwerkers die toneel opgeruim het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Philip ·

Dit lyk of die motor ongelukke glad nie meer ‘n einde het nie. Altyd die rede dat bestuurder beheer oor motor verloor het. Spoed dis al wat dit veroorsaak. KZN gereeld in kollig.

IK ·

Ek sien op die internet die Etos kan ‘n gesonde 160 km/h draf. Daar word egter niks gesê van stabiliteit van voertuig, die K53 vd bestuurder en die onvoorsiene padtoestande wat mag opduik. In die ou dae is gesê: ‘Ry 80 en leef tot 40, ry 40 en leef tot 80’.Dit was nog myl per uur. Antwoord: ry binne jou vermoë met inagneming van toelaatbare spoed en padtoestande. Kry vir jou beter opleiding as K53 en hou by geduld en padhoflikheid.

Se maar net ·

Ja hierdie lyk soos spoed. Altwee vrte is sleg verniel.

Snowflake ·

Meer en meer trompop botsings?? Algemene verskynsels deesdae…

Chris Ws ·

Dis elke dag duidelik op die paaie dat bestuurders hulle bestuursvernuf heeltemal OORSKAT en dan jaag hulle ook nog.Om beheer oor jou voeruig te verloor op ‘n lae spoed is moeiliker as op ‘n hoe spoed en hoe hoer jou spoed hoe ernstiger is die ongeluk.
Dis als wetenskaplike feite wat meeste bestuurders huidiglik niks van verstaan nie.

Ben Potgieter ·

Lees op News24 bestuurder van bakkie het ligte beserings opgedoen.Blykbaar 7 persone in Etios.Dis verskriklik verby.

Gemaskerde Sopbeen ·

In die ou dae is ‘n bestuurder beboet vir elke wiel oor ‘n soliede wit lyn……….vandag weet meeste bestuurders nie HOEKOM daar ‘n wit lyn is nie!? Ek ry gereeld Potchefstroom toe….en dit ongelooflik hoeveel bestuurders net eenvoudig verby steek……..maak nie saak HOE solied daai wit lyn in die middel van die pad is nie….

Chris Ws ·

Dis op al die paaie so.Hoekom?Want hier is GEEN wetstoepassing op die paaie nie.Verkeerskonstabels staan by dorpe en lisensies kyk en sit hier en daar met ‘n spoedlokval vir ‘n uur of so dan’s hulle weer weg.geen “bewegende” wets toepassing vind plaas op enige paaie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.