Agt sterf na huis in Alberton-landgoed ineenstort

Foto: ER24

Foto: ER24

Die departement van arbeid het ‘n span inspekteurs gestuur om ondersoek in te stel ná ‘n huis Maandagoggend in Alberton ineengestort het en die lewens van agt mense geëis het.

Mildred Oliphant, minister van arbeid, het haar meegevoel met die oorledenes se families betuig.

Die huis het Maandagoggend in die Meyersdal Eco-landgoed ineengestort en talle mense was onder die puin vasgekeer.

Volgens ER24 is agt mense dood en ses beseer. Die beseerdes is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, sê twee van die 27 konstruksiewerkers wat op die toneel was, word steeds vermis.

Die Ekurhuleni-nooddienste het ook bevestig dat die dodetal tot agt gestyg het.

Die Meyersdal Eco-landgoed het in ‘n verklaring die voorval bevestig. Veiligheid by die landgoed is intussen opgeskerp en talle mense is by die ingang weggewys.

Lees ook:
Talle beseer, vermis ná Alberton-huis ineenstort

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.