Agt sterf op Mpumalanga-paaie

Een van die wrakke. Foto: Verskaf

Agt mense is in twee afsonderlike botsings in Mpumalanga dood.

Joseph Mabuza, woordvoerder van Pat Ngomane, die LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie, het Woensdag gesê die eerste ongeluk het Dinsdag om 14:30 op die N4 tussen Komatipoort en Hectorspruit plaasgevind.

“ʼn Swaarvoertuig en ʼn sportnutsvoertuig het mekaar reg van voor getref. Drie insittendes van die sportnutsvoertuig is op die toneel dood. Een persoon moes met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem word en ʼn vyfde persoon is in ʼn ernstige toestand met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem.”

Die tweede ongeluk het Woensdag omstreeks 11:15 op die R536 tussen Mkhuhlu en die Krugerwildtuin plaasgevind.

“Vyf mense is dood toe ʼn minibustaxi met ʼn konstruksievoertuig gebots het. Een van die oorledenes sluit ʼn vier maande oue baba in. Twee mense is kritiek beseer, twee ernstig en vyf het geringe beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale geneem.”

Ngomane het sy innige meegevoel met die oorledenes se familie betuig.

Hy het gesê die aard van die botsing dui op die nalatigheid van sommige motoriste. “Die meeste botsings word veroorsaak deur swak besluite wat deur bestuurders gemaak word wat ongeduldig en ongehoorsaam is.”

Volgens Ngomane kan 99% van die ongelukke verhoed word as motoriste hul houdings teenoor ander motoriste verander wanneer hulle agter die stuurwiel inklim.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

2Fast&Furiously.... ·

…..stupid. mense kyk hierdie movies met die mense wat so jaag en onder deur trokke ry en bo-oor kranse vlieg – en dan dink daardie mense hulle kan dit ook doen.

Nico ·

Minister van vervoer moet bietjie ondersoek instel hoekom so baie taxis en trok in ongelukke is een rede weet ek hulle word bonisse gegee vir die aantal trips wat ingesit word dis hoekom hulle jaag en daar is nie gemerkte polisie en verkeersvoertuie op die pad nie wat bewegende oortredings kan vas vat nie te veel aandag word gegee aan roadblocks en spoed lokvalle waar net geld gemaak word

Nico ·

Kan die minister en hoofde nie agter kom dat roadblocks en spoed nie al probleem is nie kry gemerkte verkeers voertuie op die pad dat hulle gesien word en die bewegende oortredings kan vasvat. Ondersoek bietjie die trokke en taxi ongelukke die bestuurders word betaal vir die hoeveelheid trips wat hulle doen dus hoekom hulle nie die wette gehoorsaam nie.

StupidIngelsMan ·

Oh so!! Dankie Anna! So groot naam vir a gewone motor. WOW!

Michael ·

Daar is ook meeste van die gevalle n taxi betrokke die meeste van hulle steur hulle glad nie aan enige padreels nie en die verkeers wetstoepassers is nooit daar om die reëls te polisieer nie.

Naam loos ·

Jy kry ook baie moedswillige menses wat baie stadig ry net on jou te tart tart dan raak jy ongeduldig en maak foute

thelsa ·

Mense julle het seker nog nie instruksies gesien wat op die paneelborde van hierdie sportnutsvoertuie en meeste Duitse motorvoertuie voorkom nie. Daar staan iets soos : “Hierdie voertuig mag nooit agter ‘n ander voertuig ry nie” Die meeste bestuurders van hierdie voertuie gehoorsaam daardie ‘instruksie’. Hou maar dop as jy ry. Kyk wie gaan by blinde hoogtes verby. Kyk wie gaan op sperstrepe verby. En dit alles net om voor in die queue te kom.

LB S ·

Sowaar? Eerste keer dat ek daarvan hoor. Ons BMW het dit beslis nie opgehad nie.

anton ·

Thelsa, ek stem nogal saam met jou. Baie van hulle dink die pad behoort net aan hulle en hulle kan jaag asof die duiwel agter hulle sit!!!
LB S…….dink julle besit dan seker n Grys produk. :-)

Charl ·

Die padgebruik kultuur is besig om te verander omdat wetstoepassing ontoereikend is. Die kultuur verander vanaf gehoorsaamheid na eie oordeel. Om aan die lewe te bly sal ons as oënskynlike gehoorsame padgbruikers ook moet verander.
Onthou jou pa se woorde. Dink vir ander padgebruikers ook. Maal dit met 4 en sit by “ongehoorsame en onvoorspelbare”.
Vermy ten alle koste, om in die nag te ry waar sig swak is.
Bly van jou selfoon af. as jy nie self die ongeluk veroorsaak nie gaan jy nie die gevaar sien nie.
Moenie ook so word nie. Stel n voorbeeld. Bly by die reëls en weed trots daarop.

Sarie ·

Die N4 tussen Hectorspruit en Komatipoort is tans uiters gevaarlik as gevolg van padwerke. Die pad is nou en daar is ongelooflik baie trokke wat die roete na en van Mosambiek ry. Hierdie tyd van die jaar is dit vakansiegangers wat die pad ook baie gebruik. Ongeduldigheid aan beide vragmotorbestuurders en motoriste se kant, is die grootste oorsaak van hierdie ongelukke.

LOSKOP ·

Daar is te veel bestuurders op die pad wat hul lisensies gekoop het, en nie die nodige ervaring het nie . Hoeveel beamptes is nie in die laaste tyd aangekeer wat lisensies verkoop en motors padvaardig verklaar wat eintlik op die ashoop moet wees/????

En dan omkoop boetes wat verkeers beamptes aanvaar is ook n groot bydrae

Robert ·

En die reël brekers het geen respek of ontsag vir die wetstoepassers nie. Die reëls word voor die toepassers gebreek sonder dat hulle enige iets daaraan doen. Nou al ń paar keer gesien dat dit gebeur. Net die sterkes sal oorleef.
Elkeen maar deesdae vir homself op die pad. Welkom in die land van “cowboys en crooks”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.