Agt tieners vandag begrawe

Die ongelukstoneel in die Verena-omgewing in Mpumalanga (23 September 2017). Foto: Verskaf

Agt tieners word Saterdag begrawe nadat hulle verlede naweek in ʼn gru-ongeluk in ʼn bakkie dood is.

Die tieners is verlede Saterdag dood toe die bakkie waarin hulle gery het in Verena, Mpumalanga, omgeslaan en gerol het.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het vroeër gesê sewe van die slagoffers is op die toneel dood. Vyf mense, onder wie die bestuurder van die bakkie, het ernstige beserings opgedoen en is na die Philadelphia-hospitaal in Dennilton gehaas, waar een van hulle aan hul beserings beswyk het.

Sewe van die tieners gaan in Verena ter ruste gelê word en een in Dennilton.

Die oorsaak van die ongeluk en omstandighede word nog deur die polisie ondersoek.

Die ongelukstoneel in die Verena-omgewing in Mpumalanga (23 September 2017). Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karen ·

Dit is verskrikliki hartseer. Sonder om enige iets van die tragedie weg te probeer neem, my somme is nou nie die beste nie, maar….. 8 dood, 5 met ernstige beserings, waarvan een later dood is, so dan was die bakkie gelaai met minstens 12 mense?

Mary ·

Liewe hemel, het in my wildste drome nog nie gehoor van 12 tieners in ‘n bakkie nie.

Estelle ·

Nee, nie die bakkie waarin hulle gery het nie, maar eerder die bakkie waarop hulle gery het. Indien hulle veilig vasgegord was binne in en nie agterop die bak nie, is ek oortuig daar sou minder lewensverlies kon wees. Maar dan ook weer, geen bakkie het 10 plus sitplekgordels nie…

tas ·

Was nie n oop bakkie nie maar wel n toe bakkie soos op foto kan sien.En ek dink ons almal het al lekker agter in n bakkie gele of gesit

Fran ·

Hierdie pad is verskriklik gevaarlik. Behalwe vir die potholes oral, is die bestuurders op hierdie pad ongelooflik roekeloos. Dis soos ‘n resiesbaan – almal wil eerste wees. Baie van die voertuie is onpadwaardig en ry stadig, die ander gaan op blinde draaie en wit strepe verby. Die verkeerspolisie wat wel hier is, is oor die algemeen korrup.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.