Agt toeriste beseer in Kaapse Kasteel

Argieffoto

Agt volwassenes en vier kinders is beseer ná ʼn stroom water deur een van die tonnels by die Kasteel de Goede Hoop in Kaapstad gevloei het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Saterdagoggend plaasgevind.

Volgens Vermaak het dié toeriste gelukkig net kneus- en skraapplekke opgedoen tydens die voorval.

“Die paramedici het omstreeks 11:45 op die toneel opgedaag saam met ander nooddiensbeamptes en is deur groepleiers na die beseerdes geneem. Hulle was glo op ʼn begeleide toer toe ʼn groot hoeveelheid water onverwags in die spesifieke tonnel afgestroom het,” het Vermaak gesê.

Die meeste is van hul voete af gegooi en het geringe beserings opgedoen. “Die gidse kon hulle kalmeer en na ʼn nabygeleë uitgang lei waar die nooddiensbeamptes hulle behandel het,” het Vermaak verduidelik.

In dié stadium is dit nog nie bekend waar die water vandaan gekom het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

cor ·

Dit is seker oom Jan wat die emmer raak geskop het, nou het die anc nog n klagte teen oom Jan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.