Agt vas ná bendegeweld, verdagte optrede

Foto: Verskaf.

Vier vermeende bendelede is Vrydag in die Paarl vasgetrek in verband met bendegeweld.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê openbare orde-polisie is uitgeroep na ʼn toneel waar bendelede glo op mekaar geskiet het.

“Vier mans, tussen 16 en 46 jaar oud, is in hegtenis geneem,” het Rwexana gesê.

Die polisie het ook beslag gelê op ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.

In ʼn ander onverwante voorval is vier ander verdagtes omstreeks 23:10 Vrydagaand vasgetrek vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

“Polisiebeamptes van Cloetesville was besig met patrollie toe hulle gesien het hoe die verdagtes ʼn swart voorwerp by hul motor uit gooi,” het Rwexana gesê.

Volgens Rwexana het die polisie die mans genader en hulle na die toneel waar hulle die voorwerp gegooi het teruggeneem.

ʼn Vuurwapen met ammunisie is op die toneel aangetref en die polisie het beslag gelê daarop.

Die mans, tussen 19 en 34 jaar oud, is in hegtenis geneem en sal Maandag saam met die ander vier in die Stellenbosch-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wonder ·

Wanneer sal die bende geweld eendag ophou. Onskuldige kinder en oumense ly daaronder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.