Agt vas na hulle glo seuns aanrand

handcuffsAgt mense is in die Vrystaat hegtenis geneem nadat hulle glo vier seuns van diefstal beskuldig het en hulle aangerand het.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, sê die groep is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle die vier seuns daarvan beskuldig het dat hulle by ‘n huis in Makwane ingebreek het.

Die groep het vermoed dat die seuns klere gesteel het tydens die inbraak. Mophiring sê drie van die seuns is ernstig aangerand en sterk tans in die hospitaal aan. Hulle is onder polisiebewaking. Mophiring sê die vierde seun is reeds uit die hospitaal ontslaan en is in aanhouding.

Hy sal na verwagting Maandag in die Makwane-landdroshof verskyn. Die groep verdagtes sal na verwagting ook Maandag in dieselfde hof verskyn op aanklag van aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.