Agt vas ná moord op boer

court-hammer_thumbAgt mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op Willie Janse van Rensburg (72) van Odendaalsrus in die Vrystaat.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê vier verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem en die ander vier Woensdag. Volgens Thakeng volg die arrestasies na die Valke ʼn wenk ontvang het. Die verdagtes, tussen 21 en 35 jaar oud, sal Vrydag in die Odendaalsrus-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig dat Janse van Rensburg, sy skoondogter, vyf kleinkinders, en ʼn werktuigkundige op 30 Oktober deur gewapende mans op die plaas Nuwejaarsbosch oorval is. Janse van Rensburg was buite op die plaas besig toe die mans hom oorval het. Hy was gewapen en sy aanvallers kon daarin slaag om sy vuurwapen by hom af te neem en hy is drie keer geskiet.

Die aanvallers het daarna die werktuigkundige, wat naby die plaashuis in ʼn karavaan bly, aangerand en ook Janse van Rensburg se skoondogter en een van die kleinkinders erg aangerand. Hulle het ʼn aantal selfone, vuurwapens en ʼn onbekende hoeveelheid kontant gebuit en toe met Janse van Rensburg se bakkie van die toneel gevlug. Die bakkie is later verlate opgespoor.

Janse van Rensburg se skoondogter het ná die aanval met hom na ʼn hospitaal gehaas, maar hy is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

boer ·

En dis hoe ons blankes in hierdie land gejag word. Watse kans het n persoon om 8 aanvallers ,
aan te vat. En ja, die regering is natuurlik, opgewonde om die soort van dinge te sien, en moedig dit aan,want ons president sing mos by sy rallies dat die wit man geskiet en verdryf moet word

Hy verklaar oorlog teen die blankes,en ons doen niks daaraan nie. STAAN OP !!!!!!!!!, DIE TYD IS HIER !!!!!!!!

sandy ·

My liewe Boer. Ek lees “ons doen niks daaraan nie.Dis tyd om op te staan” Nou vra ek jou met trane in my oe wat kan ons doen? Hoe staan ons op teen hierdie oormag wat die hef in die hand het? Glo my ons sal graag iets wil doen, maar kyk wat het gebeur met die paar wat iets probeer doen het. Het jy dalk ‘n plan?

sandy ·

Ek hoor jou en stem saam, maar ons ou volkie kon nog nooit saamstaan nie. Ek maak Jerm 17 elke dag my eie. Dit is my krag en hoop. “Daar rus ‘n vloek op die mense wat sy vertroue in mense stel…Dit gaan goed met die mense wat sy vertroue in die HERE stel”. Rustige dag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.