Agt vas ná moord op polisieman

Drie van die verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Drie van die verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Die polisie het agt verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn konstabel in Limpopo.

Konst. Thulani Vincent Rali Mhangwani (38) is doodgeskiet nadat ʼn groep gewapende verdagtes Dinsdagoggend vroeg ʼn kruidenierswarewinkel in Giyani beroof het. Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê by die polisie se aankoms op die toneel het die verdagtes reeds gevlug.

Die polisie het die gebied deursoek en op ʼn verdagte voertuig op die pad wat na Phalaborwa lei, afgekom. “Die polisie het die voertuig gedwing om stil te hou, waarna ʼn skietgeveg uitgebreek het. Een van ons lede is noodlottig gewond.”

Die verdagtes het uit die voertuig gespring en te voet weggehardloop. Een van hulle is gewond en op die toneel in hegtenis geneem. Hy is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Die polisie het op twee vuurwapens, ‘n Toyota Quantum-bussie en drie selfone beslag gelê. Van die kruideniersware wat beroof is, is ook teruggevind.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Volgens Mojapelo is nog sewe verdagtes later Dinsdag in verband met die voorval in hegtenis geneem. “Ons het inligting ontvang dat vyf verdagtes ʼn taxi na Polokwane geneem het. Hulle is by die Solomondale/Polokwane-wisselaar in hegtenis geneem nadat die polisie die taxi voorgekeer het.”

Mojapelo het gesê die ander twee verdagtes is deur lede van die gemeenskap in Giyani vasgestrek. Die verdagtes, tussen 26 en 30 jaar oud, sal binnekort in die Giyani-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, roof en die besit van onwettige vuurwapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Christa ·

Dit wys hoe gou hierdie krimenele vasgevat kan word as die gemeenskap en die polisie saamwerk!!

AL ·

Wetteloosheid is kommerwekkend. Kriminele huiwer nie om meer om koelbloedige moord te pleeg nie. Iewers faal iets in ons samelewing – heel moontlik omdat regeringinstansies hofbevele minag en verontagsaam.
Korrupsie word toegesmeer en niemand neem verantwoording vir hul dade.
Ek glo dit begin oorspoel na die samelewing. Kriminele het hul respek en vrees verloor vir wet en orde.

Brie-brie ·

Dis darem weird as ‘n boer en familie dood gemaak word, vat dit maande om die moordenaars te kry, maar sodra daar ‘n polisie man of ander mense gesoek word, word dit binne ‘n dag gedoen met die hulp van die gemeenskap.

Griet ·

van die kruideniersware is teruggevind: sakke OMO. Die mense is so desperaat vir basiese behoeftes (gr7EWB;-). Dit gaan nog lank vat voor ons weer begin klim, ek dink ons is nou nog eers oppad ondertoe.

AL ·

Desperaat seker – maar definitief koelbloedig en huiwer nie om n man van die gereg te vermoor nie.

Manie ·

Ek het aan dieselfde gedink toe ek die berig lees. Hoe vinnig kan inhegtenisname gebeur as n polisieman betrokke is. Ek is bly maar sal nog meer bly wees as die boere se moordenaars ook so vinnig vasgetrek word

Rooikop ·

Bly om te sien vir “party” mense word die skelms vinnig opgespoor???? Net jammer dit geld nie vir almal betyds nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.