Agt vas ná moord op Roedtan-egpaar

plaashek-pexels

Foto: Pexels

Agt verdagtes is Maandag in hegtenis geneem in verband met die moord op Piet en Tilla van Zyl in Roedtan in Limpopo.

Sakkie Louwrens, direkteur van die Heritage Protection Group (HPG) wat misdaad bekamp, sê ses verdagtes is in Hazyview in Mpumalanga in hegtenis geneem, een in Mookgophong (Naboomspruit) en ʼn agtste verdagte in Lenasia in Gauteng.

Volgens Louwrens word daar in dié stadium nog net vermoed dat die verdagtes met die moord verbind kan word, maar ʼn volledige ondersoek moet nog voltooi word. Die mans sal in aanhouding bly tot die ondervragingsproses voltooi is.

Louwrens sê daar is ook beslag gelê op sowat R40 000 kontant wat in die verdagtes se besit was. Dit is egter nog nie bekend waar die geld vandaan kom nie.

Maroela Media het vroeër berig die Van Zyl-egpaar is op 20 Augustus deur ʼn familielid dood op hul plaas aangetref.

ʼn Onbekende groep verdagtes het glo die egpaar se slaapkamerdeur oopgebreek en hulle oorrompel. Die verdagtes het die egpaar met pistole aangehou en die huis geplunder. Die aanvallers het die egpaar doodgeskiet vermoedelik oomblikke voordat hulle gevlug het. Die slagoffers se liggame is die Sondag omstreeks 09:00 in die huis aangetref.

Die familie het intussen ʼn R100 000-beloning uitgeloof aan enigiemand wat meer inligting oor dié voorval aan die familie of polisie kan verskaf.

Die polisie in Limpopo kon nie onmiddellik die inhegtenisnemings bevestig nie en Maroela Media wag op kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jacques ·

Ja en almal seker van Zim af ?? Kom SA toe om ons boere en mense te kom moor want hulle het niks nie .

Theresa B ·

Julle moet vinnig speel – hulle word almal vrygelaat………………………………….

Francois le Cochon ·

Ja, kry ‘n ondersoek beampte wat erg hakkel.

Banie Smit ·

Hoekom word hierdie 8 moordenaars aangehou terwyl die polisie nog die saak ondersoek terwyl die moordenaar in Piet Retief dadelik vrygelaat is terwyl die polisie nog die saak “verder ondersoek”? Wat gaan aan met ons regstelsel. Hoekom moet hierdie Piet Retief ou vry rondloop?

Alias ·

Baie eenvoudig; Renoster horing sindikaat – dis waarna hul gesoek het!
Die brein of agent- Lenasia
Ses van Hazyview – die stroper bende, moontlik Mozambiekers
Een van Mookgophong/Naboom – die mol wat die inligting bymekaar gemaak het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.