Agt vas na roof, verkragting by vervoerdepartement se KZN-kantoor

(Foto: Shutterstock)

Die polisie het agt verdagtes in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog en die verkragting van drie vrouewagte by die kantoor van die departement van vervoer in KwaZulu-Natal.

Die verdagtes, tussen 19 en 39 jaar oud, is volgens die polisie tydens ʼn uitkenningsparade uitgewys en hulle sal Donderdag in die landdroshof in Durban verskyn.

Daar is Maandag in die vroeë oggendure toegang tot die departement se kantoor in Merebank verkry waarna toerusting gesteel en drie vrouewagte glo om die beurt verkrag is.

Volgens die provinsiale departement van vervoer is drie manlike wagte aangehou terwyl die vrouewagte in ʼn ander kamer verkrag is.

“Ons personeel leef in vrees ná hierdie voorval. Dit sal die moraal beïnvloed en ’n ernstige impak op dienslewering hê,” het Siboniso Mbhele, departementshoof, gesê.

Volgens Mbhele sal veiligheid by die kantoor opgeskerp word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

electricmango ·

As die 6 sekuriteits wagte bewapen en opgelei was sou die 8 nie slaag nie maar om drie dames te he wat geen opleiding of wapen opleiding gekry het nie en dink deur bloot net n uniform aan te trek gaan die terroriste uit hou sal hulle weer moet dink.

Fontein Tannie ·

Veiligheid by DIE kantoor sal opgeskerp word!? En dis die enigste kantoor in die land…? Niemand is op enige plek veilig nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.