Agt vas oor drie lyke by uitgebrande voertuig

Foto: SAPD

Agt verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die voorval vroeër die maand waar die liggame van drie mans by ʼn uitgebrande voertuig buite Groblersdal gevind is.

ʼn Multidissiplinêre taakspan het ʼn gesamentlike operasie uitgevoer wat Sondag in die vroeë oggendure tot die inhegtenisneming van agt verdagtes gelei het, het kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, gesê.

Die verdagtes, tussen 30 en 73 jaar oud, is in Mpheleng en Naganeng in die Dennilton-omgewing in hegtenis geneem.

Volgens Ngoepe is die verdagtes positief verbind met die ontvoering van en moord op drie mans vroeër die maand.

Die drie mans se liggame is Sondag 15 Maart in Naganeng gevind nadat die polisie en nooddienste deur ʼn verbyganger na die toneel ontbied is.

Die liggame van drie mans is naby ʼn uitgebrande voertuig gevind. Die liggame was onherkenbaar verkool.

Die oorledenes is vermoedelik erg aangerand voor hulle aan die brand gesteek is aangesien talle klippe op die toneel gevind is.

Die oorledenes is geïdentifiseer as Owen Ncube (31), Salos Sithole (23) en Lovemore Basera (20).

Die verdagtes sal binnekort in die Mdutjana-landdroshof verskyn.

Volgens Ngoepe gaan die polisie se ondersoek voort en word nog inhegtenisnemings binnekort verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cecil ·

Ek dink die 3 het iets aan gevang toe neem die beskuldides gereg in eie hande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.