Agt vas oor leeubene, tiervel

Die verdagtes het die polisie na ’n plaas gelei waar leeubene verwerk is. Foto: Verskaf

Die Valke in Noordwes en talle ander wetstoepassingsagentskappe het in samewerking met die provinsiale departement van natuurbewaring agt verdagtes tussen 22 en 60 jaar oud vir die onwettige besit van wildprodukte in hegtenis geneem.

Die span het Sondag twee voertuie voorgekeer op die N12 by die afdraaipad na Dominionville, sowat 25 km wes van Klerksdorp, waar hulle in ʼn konvooi op pad was na ʼn ongebruikte plaas in Mareetsane.

“ʼn Soektog deur albei voertuie het leeubene en -vleis, ʼn tiervel, gasbottels en -branders, houers, ʼn saag, messe en ander toerusting opgelewer wat na bewering gebruik is om die leeubene te verwerk,” sê kapt. Tlangelani Rikhotso, Valke-woordvoerder.

Die verdagtes het die span wetstoepassers toe gelei na nog ʼn plaas, sowat 30 km buite Klerksdorp, waar die leeus na bewering geslag word, sê Rikhotso. “Op die plaas is ʼn leeuvel in bosse gekry en groot masjinerie in ʼn motorhuis wat blykbaar gebruik is om die bene mee op te saag.”

Die agt verdagtes, ses buitelanders en twee Suid-Afrikaners, sal na verwagting binnekort hul eerste verskyning in die Klerksdorpse landdroshof maak op aanklagte van die onwettige besit van wildprodukte en die uitvoer van onwettige bedrywighede met monsters van ʼn gelyste, bedreigde of beskermde spesie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Alida ·

Smyt die spul toordokters met bene en al in die tronk en kyk of hulle hulself daar kan uittoor. Siek spul.

Philip ·

Stem sluit hulle toe. Verwyder hulle van die samelewing. Ons het genoeg probleme om te hanteer sonder hierdie spul

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.