Agt vas oor perlemoen

Agt vermeende perlemoenstropers is naby Robbeneiland in die Wes-Kaap in hegtenis geneem. (Argieffoto ter illustrasie)

Agt vermeende perlemoenstropers van Hawston en Houtbaai is Woensdag naby Robbeneiland in die Wes-Kaap in hegtenis geneem.

Die mans, almal tussen 25 en 32 jaar oud, is met perlemoen met ’n straatwaarde van sowat R345 000 in hulle besit betrap.

Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het lede verbonde aan die grenspolisie in Kaapstad en die departement van landbou, bosbou en visserye die gebied om Robbeneiland vroegoggend gepatrolleer toe hulle die rubberboot gewaar het.

“By nadere ondersoek het die beamptes die mans met duiktoerusting en sakke vol perlemoen aan boord betrap.

“Daar is ook beslag op die sewe meter lange rubberboot ter waarde van R350 000 gelê.”

Die verdagtes sal eersdaags in die Kaapstad-landdroshof verskyn. Aanklagte van oortredings ingevolge die Wet op Marienehulpbronne, Wet op Nasionale Omgewingsbestuur asook die Rampbestuurswet vanweë die verbreking van die aandklokreël ingevolge die vlak 4-inperkingsmaatreëls te midde van die Covid-19-pandemie staar hulle in die gesig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anthony ·

Kan die perlemoen weer teruggesit word in die water of nie? Ek vra uit onkunde

Linx ·

Nee Anthony ongelukkig nie,dit word by die stoorkamers van DAFF (Dept of agriculture fisheries & forestry)gestoor en hulle volg hul procedure na ons dit oorhandig aan hulle.

Linx ·

Nee dt kan nie,hoe sal daar in elk geval gese kan word hoe lank hlle uit was

Die Boerepompie ·

Mens sal nie leer nie sluot hulle op en gooi die sleutel weg

Nie Verbaas ·

Hierdie mense moet swaar gestraf word want ons lees te dikwels hoe perlemoen gestroop word. Wat van al die wat nog wegkom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.