Agt vas toe huise brand ná moord

Een van die huise wat Saterdagaand (3 September 2016) afgebrand is. Foto: SAPD, Mpumalanga

Een van die huise wat Saterdagaand (3 September 2016) afgebrand is. Foto: SAPD, Mpumalanga

Agt verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn man Saterdag in Barberton, Mpumalanga, dood is nadat hy aangerand is en sy vriende se huise daarna aan die brand gesteek is.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê een van die verdagtes is ʼn raadslid, Mandla Mamba, wat teregstaan op aanklagte van roof en opsetlike saakbeskadiging.

Hlathi het gesê polisiebeamptes is Saterdagaand na ʼn toneel ontbied waar ʼn 30-jarige man erg deur drie mans aangerand is. Die man is na ʼn hospitaal gehaas, maar hy het kort ná sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk. Benedict Mhlanga (28), Sipho Mbowane (31) en Boikie Malambe Mokoena (30) is op aanklag van moord in hegtenis geneem.

Een van die huise wat Saterdagaand (3 September 2016) afgebrand is. Foto: SAPD, Mpumalanga

Een van die huise wat Saterdagaand (3 September 2016) afgebrand is. Foto: SAPD, Mpumalanga

“Kort ná die moordvoorval is twee huise wat glo aan twee van die verdagtes behoort aan die brand gesteek deur ʼn groep wat glo vriende met die oorledene was,” het Hlathi gesê. “Brandbestryders kon daarin slaag om die brande te blus, maar is in die proses deur die groep aangeval en weggejaag. Een van die brandbestryders se vuurwapen is gesteel en die groep het drie brandweerwaens ook aan die brand gesteek.”

Mamba, Sihle Nkambule (24), Sabelo Mlotshwa (20), Themba Mwali (33) en Gift Mnisi (25) is almal tussen Saterdagaand en Maandagoggend in hegtenis geneem.

Al die verdagtes het reeds Maandag in die hof verskyn waar die saak uitgestel is vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa ·

Skors die “raadslid”. Hy is glad nie so ‘n posisie werd nie. Wat is dit met die mense se denke dat omgekraptheid of enige iets wat pla, op ‘n vernietigingstog uitloop. Lief om goed te brand! Maar vra gedurig vir nog??! Absurde, vreemde en onaanvaarbare gedrag.

Cherokee ·

Wat sal jy sê as ek jou vertel dat in Ethekweni is twee anc-raadslede skuldig bevind aan moord en toegesluit maar hul salarisse word steeds betaal.

Jan maak n Plan ·

Hoekom is dit dat by hierdie tipe gevalle altyd een of ander ANC lid betrokke is?????

Theresa ·

Hul glo dan seker wel : “Crime pays”. As mens mooi na als in die land kyk, is alle logiese denke daarmee heen. Dis asof die leiers en riglynstellers geen benul het van wat gedoen behoort te word nie. Maak mens benoud, want hoe verdedig mens jouself teen so iets???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.