Agt vas vir moord in KZN

Argieffoto

Argieffoto

Agt mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn veiligheidswag in ʼn rooftog doodgeskiet het.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die agt mans het Vrydag in die Ixopo-landdroshof verskyn op aanklag van moord en gewapende roof. Volgens Zwane het Felix Mbhele (48) die aand van 27 Junie wag gestaan by die Mthethwa-winkel in Ixopo toe hy glo omstreeks 02:35 deur ʼn groep mans oorval is.

Zwane het gesê Mbhele is doodgeskiet voor die verdagtes die winkel beroof het. Die verdagtes is Donderdag in Riverside en Newtonville in hegtenis geneem. Die polisie het op ʼn .38-rewolwer en ʼn 9mm-pistool beslag gelê. Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit vir die moord en rooftog en in ander misdade gebruik is.

Die beskuldigdes is Khanya Artwell Dlamini (42), Sanele Siphelele Jaca (22), Thobani Jaca (29), Mawethu Jali (38), Makhosandile Maduna (37), Sanele Makhanya (22), Mkhanyiselwa Mphephethwa Nzimande (32), en Paulos Skito Nzimande (43). Hulle moet weer op 22 Julie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.