Agt verkool in Limpopo-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Agt persone is dood ná die taxi waarin hulle gery het, ʼn omgeslane sleepwa getref en die voertuig aan die brand geslaan het.

Die ongeluk het Sondagaand op die N1 tussen Mokopane (Potgietersrus) en Mookgophong (Naboomspruit), naby die Nylplaza-tolhek plaasgevind.

“Die bestuurder en sewe passasiers het in die minibustaxi verkool,” het Kaiso Mootane, woordvoerder van die Limpopo-verkeersowerheid, gesê. “ʼn Toyota Quantum-bussie het in die omgeslane sleepwa van ʼn vragmotor vasgery. Die sleepwa was nie sigbaar nie.”

Mootane het bygevoeg owerhede ondersoek die omstandighede wat tot die ongeluk aanleiding gegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tiger ·

Was daar te min tyd om waarsku driehoeke uit te sit om aankomende verkeer te waarsku??Of het die vragmotor bloot geen waarsku driehoeke gehad soos wat ons al baie langs die groot pad gesien het waar ‘n brandblusser gebruik word in die plek daarvan? Nog ‘n onnodige ongeluk wat dalk verhoed kon gewees het.

Xa ·

Onsignare sleepwaens? Klink na iets wat smokkelaars baie handie kan vind. Nee, dit is maar spoed as dit in die dag was. As dit in die nag was dan is dit n ander saak. Taxis jaag al meer, al vinniger, ignoreer spoed en volgafstand.

Tiger ·

Xa die berig se tog duidelik genoeg dit was Sondagaand m.a.w. in die donker.Lees ook Jdp se kommentaar wat alles verklaar.

Frans ·

Solank die taxi drywer van die pad af is is da ni stres ni nou kan hy ni nog mense se lewens in gevaar stel ni

Frans ·

Solank die taxi drywer van die pad af is is da ni stres ni nou kan hy ni nog mense se lewens in gevaar stel ni

Jdp ·

Ek het ook ondervinding van n soortgelyke ongeluk Die sleepwa wat dwars oor die pad gele het met sy maag na my kant toe was so te s onsigbaar die ongeluk het gebeur kort voor ek daarop afgekom het as dit nie vir ander motoriste was wat my gewaarsku het nie sou ek ook in die sleep wa vas gery het.

BooBoo ·

Het daai pad gery en die Taxis het regtig vieslik gery druk voor jou in ry op die geel lyn geen flikkers en nie eens te praat van die oorlaaide trailers nie! En dan as jy stop by n vulstasie val hulle uit die taxis so dronk soos tolle en gooi dan die bottels sommer net so langs die taxis uit nee dit was nag nie eens te praat voor die tol hekke nie ry op die grond verby dat dit net stof was kon nie eens voor ons sien nie!!!!!

Wat-ek-lees ·

Daarom is ‘n “idiotiese” spoed van 80 km/h in die nag eintlik die aangewese maksimum spoed. Dit is die spoed wat ek ry in Namibië gedurende die nag en in staat was om by twee geleenthede koedoebulle betyds te kon sien en rem wat voor my oor die pad gehardloop het. By een voorval het ek ‘n waentjie gesleep en het letterlik saam met die koedoe moes draai om betyds te kon stilhou. Dieselfde geld egter ook vir Botswana en gedeeltes in ons land waar jy moet wakker bestuur of jy gaan een of ander tyd jou gaai sien.
Reaksietyd is 1,5 sekondes of selfs meer en dan het jy reeds (teen 80 km/h) nog 33 m gevorder wat jou op ‘n rugbyveld van die doellyn sover as 7 m duskant die 10 m stippellyn vat. Noueers is jou voet op die rempedaal en BEGIN jy remtrap. Die gevolg is dat jy gaan nie stilhou in ‘n korter distansie vanaf die doellyn tot die 10 m stippellyn. Inteendeel gaan dit die gemiddelde motoris die 50 m neem tot by die halflyn. Onthou dat vrag (soos ‘n taxi met 15x70kg=1050 kg) een helse groot verskil gaan maak. Niemand leer jou hierdie dinge en daarom is die K53 ook ‘n klug betreffende veiligheid in baie opsigte. Na bykans 56 jaar sonder ‘n ongeluk behoort ek ‘n effense idee te hê waaroor- en waarvan ek praat.

Chris Ws ·

Ek stem volkome saam met jou redinasie Wat-ek-lees !Die maksimum spoed grense op AL ons paaie moet verlaag word.Meeste Mense ry eenvoudig myle vinniger as wat die wet se so ek se bring AF die spoedgrense EN hou 10 maal meer spoed lokvalle deur die land.Ek is bereid om enige iemand ‘n weddenskap aan te gaan dat die ongeluksyfer SAL daal daarna.Dat hierdie patetiese regering dit nie WIL insien nie gaan my verstand te bowe.En dan hou hulle “Arrive Alive” veldtogte?Wie mislei hulle dink hulle ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.